Die Naam bo elke naam

23 Jan 2021 Geplaas in: Christus, Lukas 3:23-38

Lesse uit Jesus se Stamboom Lukas 3:23-38 Des en Jenny Oatridge was sendelinge wat onder die Binumarien stam van Papua-Nieu-Guinea gewerk het. Hulle het die Bybel in die mense se taal vertaal. Toe Des Matteus vertaal het, het hy Jesus se geslagsregister in Matt. 1:1-14 vir laaste gelos. Hy het byna daarvan vergeet. Hy het…

Lees Verder

Jesus in die Kollig

15 Jan 2021 Geplaas in: Christus, Doop, Drie-Eenheid, Heilige Gees, Lukas 3:15-22

Lukas 3:15-22 Ek verag dit as ’n leraar ’n groot foto van homself en sy vrou op hulle webtuiste, of kennisgewing sit. Ek kry die idee dat hý en nie Jesus nie, in die kollig is. In Luk. 3 is Jesus in die kollig en gee Johannes nie om dat hy in die agtergrond verdwyn…

Lees Verder

Lesse uit Jesus se Kinderdae

2 Jan 2021 Geplaas in: Christus, Kinders, Lukas 2:39-52

Lukas 2:39-52 In enige goeie biografie is daar ’n hoofstuk, of meer oor die persoon se kinder- en jongmens lewe. Mens vind dit egter nie in die vier Evangelies (Jesus se biografieë) nie. Bogenoemde teks is die enigste paragraaf in die Bybel oor Jesus se kinderdae. Buiten vir hierdie paar verse weet ons niks van…

Lees Verder

Wie is Jesus vir jou?

26 Dec 2020 Geplaas in: Christus, Lukas 2:22-38

Lukas 2:22-38 My tema klink postmodern—so asof jý kan besluit wie Jesus is. Die vraag is tog nie wie Hy vir jóú is nie, maar wie Hy werklik is. En tog help dit nie jy glo die waarheid oor Jesus as jy dit soos die duiwel glo en verlore gaan nie (Jak. 2:19). In daardie…

Lees Verder

Van Betlehem tot Golgota

23 Dec 2020 Geplaas in: Christus, Lukas 2:21

Lukas 2:21 Vir baie mense is Kersfees maar net nog ’n storie van ’n baba in ’n krip en begin ons redding eers aan die kruis van Golgota. Dit is egter ’n verkeerde idee, omdat Jesus ons nie alleen deur sy dood red nie, maar deur sy lewe. Volgens Luk. 2 het ons redding begin…

Lees Verder

Jesus: die Spilpunt van die Geskiedenis

19 Dec 2020 Geplaas in: Christus, Kersfees, Lukas 2:1-20

Lukas 2:1-20 Het jy al ooit landerye gesien wat rond is? Op so ’n stuk grond is daar gewoonlik ’n groot sproeier op wiele. Die sproeier is vas aan ’n spilpunt wat in die middel van die landerye staan. Die spilpunt maak dat die sproeier in die rondte draai, sodat al die gewasse water kry….

Lees Verder

Jesus, ons hoop en hartsverlange

12 Dec 2020 Geplaas in: Christus, Lukas 1:57-80

Lukas 1:57-80 ’n Paar jaar gelede is Pierre en Yolande Korkie deur Al-Qaeda gevange geneem in Jemen. Vir maande het hulle in die tronk gesit en gewag vir iemand om hulle te bevry. Dit is ook hoe dit met God se kinders in die Ou Testament was. Dit is asof hulle in die donker gesit…

Lees Verder

Is Jesus vir jou Genoeg?

11 Dec 2020 Geplaas in: 1Korintiers 1:30, Christus, Heiligmaking, Sonde, Verlossing

1Korintiërs 1:30 In die laat 1990’s het ek ’n prediker gehoor sê: ‘Jesus is all you need, but you won’t realize He’s all you need, until He’s all you got. And when He’s all you got, you’ll realize; He’s all you need.’ Alhoewel ek hierdie waarheid lankal geken het, het dit die afgelope week vir…

Lees Verder

’n Profesie oor Kersfees

7 Nov 2020 Geplaas in: Christus, Kersfees, Lukas 1:26-38

Lukas 1:26-38 Wat is die grootste wonderwerk in die Bybel? Na my mening is dit toe God mens geword het. Thomas Watson sê: ‘That man should be made in God’s image was a wonder, but that God should be made in man’s image is a greater wonder. That the Ancient of Days should be born,…

Lees Verder

Hoe weet jy Jesus is waar?

23 Oct 2020 Geplaas in: Bybel, Christus, Lukas 1:1-4

Lukas 1:1-4 Party ongelowiges dink om in Jesus te glo, is dieselfde as om in Kersvader, of die tandemuis te glo: Hy kom uit die verbeelding van fanatiese Jode wat in die eerste eeu n.C. geleef het. ’n Paar jaar gelede het ’n NG predikant in ’n Christelike tydskrif gesê dat Jesus nooit bestaan het…

Lees Verder
1 2 3 4 5 6 30