Fisieke Probleme: Alzheimer’s en Demensie

27 Aug 2022 Geplaas in: Beproewings en siekte, Psalm 1:1-3

Psalm 1:1-3 Wat is die verskil tussen Alzheimer’s en demensie? Demensie is nie ’n siekte nie, maar beskryf die simptome van ’n siekte; simptome soos geheue verlies, ’n onvermoë om normaal te kommunikeer, ’n stryd om logies te dink en persepsie probleme.1 Waar twee of meer van hierdie simptome by iemand teenwoordig is, noem ons…

Lees Verder

Fisieke Probleme: Gestremdheid

21 Aug 2022 Geplaas in: 2Korintiers 12:7-10, Beproewings en siekte

2Korintiërs 12:7-101 Die gesegde lui: jou verleentheid is God se geleentheid. Dit geld ook vir liggaamlike- en verstandelike gestremdheid. Ons sien dit onder meer in die lewe van die apostel Paulus.   1. Paulus se doring in die vlees (v.7) Paulus verwys na homself in die derde persoon as hy sy visioen van die hemel…

Lees Verder

Fisieke Probleme: Kroniese Pyn

8 Aug 2022 Geplaas in: Beproewings en siekte, Romeine 8:18-39

Romeine 8:18-39 Iemand het eenkeer op Facebook gesê: ‘Aan die kruis het Jesus pyn deurgemaak, sodat ons in die wêreld ’n pynvrye lewe kan hê.’ Dit is foutiewe logika. Sal die Hoof pyn hê, maar die liggaam onaangeraak bly? “Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het…

Lees Verder

Fisieke Probleme: Siekte

30 Jul 2022 Geplaas in: Beproewings en siekte, Jesaja 38

Jesaja 38 In sy boek oor genesing skryf Andrew Wommack dat siekte nooit God se wil vir ons is nie. Hy vertel van ’n ouerpaar wie se vierjarige ernstige breinskade gehad het. Die ouers het die Here vir ’n wonderwerk gesmeek, maar die kind het gesterf. Toe Wommack die ouers besoek, het hy gesê dat…

Lees Verder

Jesus is groter as Covid

4 Jul 2021 Geplaas in: Beproewings en siekte, Lukas 7:1-17

Lukas 7:1-17 Een van my vriende in die Kaap het my vertel van ’n gemeente in Vredendal wat tien begrafnisse binne twee weke gehad het. Die gemeente het maar 80 mense in totaal. ’n Kollega het die afgelope twee weke vyf begrafnisse gehad waarvan een sy ma s’n was. ’n Ander kollega het op een…

Lees Verder

Woorde van Lewe en Krag

20 Feb 2021 Geplaas in: Beproewings en siekte, Lukas 4:31-44

Lukas 4:31-44 Party predikers maak die fout om te dink hulle kan alles doen wat Jesus gedoen het. Om hulle punt te bewys, verwys hulle na Joh. 14:12 wat sê dat dié wat in Jesus glo dieselfde en selfs groter werke as Hy sal doen. Maar waar het iemand al ooit ’n storm stil gemaak,…

Lees Verder

2021: Lig na die Donker

30 Dec 2020 Geplaas in: 2Korintiers 1:3-11, Beproewings en siekte, Nuwejaar

2Korintiërs 1:3-11 Dit was die leuse van Calvyn en later ook die Protestantse Hervorming: Post tenebras lux—Na donker, lig. Die inskripsie was op Geneve se munte en kan vandag by die Hugenote Museum in Franschhoek gesien word. Dit is asof die hervormers gesê het: ‘Die Katoliekekerk het ons vir ’n duisend jaar in die donker…

Lees Verder

Persoonlike Probleme: Pyn en Lyding

7 Aug 2020 Geplaas in: Beproewings en siekte, Job, Job 1-42

Job 1-42 In 1993 het ’n paar gewapende mans by St James Kerk in Kenilworth ingestap. Elf mense is dood en nog 55 gewond. In 1967 het die 17-jarige Joni Eareckson in vlak water ingeduik en haar nek gebreek. Sy is al vir 57 jaar ’n kwadrupleeg. Laasweek het rowers by ’n huis in Muldersdrift…

Lees Verder

’n Christelike reaksie op die Koronavirus

3 Apr 2020 Geplaas in: Beproewings en siekte, Habakuk, Habakuk 3, Kontemporêre kwessies, PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE Tags: Al sou die vyeboom nie bot nie preek, Christene en die Koronavirus, Koronavirus

Luister na die Diens [youtube https://www.youtube.com/watch?v=5iN-j0pU4F8&w=560&h=315] Habakuk 3 Mense reageer verskillend op die Koronavirus. Voor die grendelstaat [Eng. lockdown] het baie mense paniek aankope gedoen. Ander het ’n traak-my-nie-agtige houding. Ander is fatalisties en sê: ‘As ek die virus kry, kry ek dit. Ek gaan my nie laat inperk nie.’ Ander besluit om teen die…

Lees Verder

Kan Psalm 91 Covid-19 keer?

2 Apr 2020 Geplaas in: Beproewings en siekte, Kontemporêre kwessies, PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE, Psalm 91

Luister na die Diens [youtube https://www.youtube.com/watch?v=9_0StzldM4w&w=560&h=315] Psalm 91 My tema klink ’n bietjie soos die vraag: ‘Slaan jy nog jou vrou?’ As jy ‘nee’ sê, beteken dit dat jy haar geslaan hét. As jy ‘ja’ sê, beteken dit dat jy haar wél slaan. Die vraag is dus eintlik ’n strikvraag. Dit is dieselfde met my…

Lees Verder
1 2 3 4