Hoe besluit ’n mens oor grys areas?
‘n Man het eenkeer vir my gesê dis sonde om ‘n TV te hê (ek stem saam dat daar baie sondige programme op TV is). Hoe het hy sy standpunt Bybels regverdig? Hy het gesê dat Israel ‘n goue kalf gemaak het. Openbaring 13 praat van ‘n dier wat sterf, weer lewe, en asem haal….
Lees VerderHoe eet en drink jy tot eer van God?
Dinsdag was ek van 07:00 tot 18:00 by die ABK se Uitvoerende Komitee vergadering. Tydens die vergadering het een van die manne ‘n beesstert-, groente-, en Coke potjie op die gasbottel langs hom gaar gemaak. Ons het eers 14:00 geëet. Ek kon eerlik sê: ‘Ek dank die Here dat beeste sterte het.’ Dis egter nie…
Lees VerderDink reg oor jouself
Gestel ons sou die gedagtes wat jy die afgelope week gedink het op die skerm vertoon. Tagtig persent of meer daarvan sal seker oor jou en jou belange wees. Sal jy skaam kry as ander moet weet hoe en wat jy van jouself dink? Dink jy aan jouself as iemand wat belangrik is? Iemand in…
Lees VerderWat sal jy met die evangelie doen?
[youtube=http://youtu.be/0kU2dgkQXaw] Joel Beeke is ‘n predikant in Amerika. Kort na hy by ‘n nuwe gemeente begin het, het hy sy vriend Ernest Reisinger, besoek. ‘Ek weet nie wat om te doen nie,’ het Beeke gesê. ‘Niemand in die gemeente staan neutraal teenoor my nie. ‘n Paar mense is mal oor my en die res haat…
Lees Verder’n Christen se persoonlike lyfwag
Lewendige beeldmateriaal op YouTube wys hoe John F. Kennedy se lyfwagte aangesê is om van die Amerikaanse president se motor af weg te tree. Kort daarna het Lee Harvey Oswald vir Kennedy doodgeskiet. Sal ‘n Christen ooit sonder ‘n lyfwag wees? Die gebeure in Handelinge 21:23-23:35 roep ‘n definitiewe ‘nee’. Beskerm deur die…
Lees Verder