Die Heilige Gees: Sonde oortuiging

26 Nov 2022 Geplaas in: Heilige Gees, Johannes 16:8, Sonde oortuiging

Johannes 16:8 Lank voor my tyd was daar twee broers by ons teologiese Seminarium. Een het teologie studeer en die ander een het daar gehuur. Blykbaar het die teologiese student dikwels die evangelie met sy ongelowige broer gedeel. Toe laasgenoemde weier om hom te bekeer, het sy broer hom gegryp, met die vuis bygedam en…

Lees Verder

Die Heilige Gees: Die lewe van Christus

19 Nov 2022 Geplaas in: Christus, Heilige Gees

Verskeie Tekste ’n Paar jaar gelede het ek Mark Jones se boek, Knowing Christ gelees. Byna in elke hoofstuk het ek iets nuut oor Jesus geleer. Die hoofstuk oor die Heilige Gees in die lewe van Christus was aangrypend. Ek het my opnuut oor die Heilige Gees en die nederigheid van Christus verwonder. Na die…

Lees Verder

Jesus se tafelgesprek oor nederigheid en die Sabbat

16 Nov 2022 Geplaas in: Hoogmoed, Lukas 14:1-11, Nederigheid, Sondag en Sabbat

Lukas 14:1-11 ’n Tafel is ’n wonderlike plek. Gesprekke vind daar plaas. Ek verkies dit om by ’n tafel te eet eerder as voor ’n TV. Rondom ’n tafel is waar die beste gesprekke plaasvind. Martin Luther se studente was gereeld in sy huis. Hulle het sy lering en gesegdes aan die etenstafel neergeskryf. Dit…

Lees Verder

Coram Deo: Tot God se eer

12 Nov 2022 Geplaas in: Skeppingsdoel

Verskeie Tekste Op Vrydae en Saterdae het ek ’n Kids Club in ons woonbuurt se strate. Ek leer die kinders Bybelverse, Bybelstories en kategismus. Die kategismus se tweede vraag lui: hoekom het God jou gemaak? Die kinders antwoord: ‘Om Hom te eer en te verheerlik!’ Hoe leef ’n mens tot God se eer? Jy voeg…

Lees Verder

Die Heilige Gees: Die Gewer van lewe

9 Oct 2022 Geplaas in: Heilige Gees, Skepping, Wedergeboorte

Verskeie Tekste Ter voorbereiding vir hierdie boodskap het ek Jer. 33:3 gebid: “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord; Ek wil aan jou groot en onbegryplike dinge bekend maak wat jy nie geweet het nie.”1 Die Here het my gebed verhoor en dinge van die Heilige Gees geleer wat ek nie geweet het nie….

Lees Verder

Coram Deo: Voor God se aangesig

8 Oct 2022 Geplaas in: Alomteenwoordig, Psalm 139:7-10

Psalm 139:7-10 Coram Deo is ons gemeente se nuwe leuse. Toe iemand die leuse en embleem op WhatsApp sien, toe vra sy: ‘Wat beteken coram Deo?’ R.C. Sproul som dit as volg op: ‘To live coram Deo is to live one’s entire life in the presence of God, under the authority of God, to the…

Lees Verder

Die Heilige Gees: Sy heerlikheid

1 Oct 2022 Geplaas in: Heilige Gees

Verskeie Tekste Wat sien jy as jy die woord heerlikheid hoor: ’n pragtige sonsondergang, ’n helder glans, sonstrale in die woud, majestieuse berge, iets anders? God se heerlikheid verwys na sy selfopenbaring (Eks. 33:18-34:8). Dit is sy heiligheid op die verhoog. Die Vader, die Seun en die Heilige Gees deel dieselfde heerlikheid. Die Bybel praat…

Lees Verder

Die uitnemende hart van Christus

28 Sep 2022 Geplaas in: Christus, Lukas 13:31-35

Lukas 13:31-35 Jonathan Edwards het ’n boodskap oor Jesus as die Leeu en die Lam uit Op. 5:5-6 gepreek. Op een plek sê hy: ‘And in nothing has Christ appeared so much as a lion, in glorious strength destroying his enemies, as when he was brought as a lamb to the slaughter. In his greatest…

Lees Verder

Die Heilige Gees: Wie is Hy?

24 Sep 2022 Geplaas in: Heilige Gees

Verskeie Tekste Esti ry al vir ’n maand perd. Toe sy na haar derde les van die saal afgly, toe pluk sy hard om haarself regop te trek. Sy het te hard getrek en anderkant afgeval. Baie mense doen dieselfde as dit by die Heilige Gees kom. Ons sidder as ’n TV prediker sy baadjie…

Lees Verder

Jou kans om gered te word

22 Sep 2022 Geplaas in: Belydenis en bekering, Hel, Lukas 13:22-30

Lukas 13:22-30 In 1986 het ek Halley se komeet gesien. Dit is elke 75-79 jaar van die aarde af sigbaar. As ek dit gemis het, sou ek dit waarskynlik nooit weer gesien het nie. Om die hemel te mis, is erger. Jy het vandag ’n kans om gered te word. Ek bedoel dit nie net…

Lees Verder
1 2 3 90