Jesus: die Spilpunt van die Geskiedenis
Lukas 2:1-20 Het jy al ooit landerye gesien wat rond is? Op so ’n stuk grond is daar gewoonlik ’n groot sproeier op wiele. Die sproeier is vas aan ’n spilpunt wat in die middel van die landerye staan. Die spilpunt maak dat die sproeier in die rondte draai, sodat al die gewasse water kry….
Lees Verder’n God-gesentreerde Kersfees
Lukas 1:39-56 In die 1990’s het ek op TV gesien hoe iemand ’n onderhoud met kinders voer: op die strand, in die winkelsentrum, in die parkie, by die huis, en op straat. ‘Waaroor gaan Kersfees?’ het die persoon hulle gevra. ’n Klompie van die kinders het geweet dat Kersfees oor Jesus gaan. Almal van óns…
Lees Verder’n Profesie oor Kersfees
Lukas 1:26-38 Wat is die grootste wonderwerk in die Bybel? Na my mening is dit toe God mens geword het. Thomas Watson sê: ‘That man should be made in God’s image was a wonder, but that God should be made in man’s image is a greater wonder. That the Ancient of Days should be born,…
Lees VerderGoeie Nuus voor Kersfees
Lukas 1:5-25 Die tema van my preek is opsetlik dubbelsinnig. Dit is Oktober en dus is hierdie preek Goeie Nuus voor Kersfees wat in Desember plaasvind. Maar my teks handel ook oor die Goeie Nuus wat die engel Gabriël vir Sagaria gebring het ses maande voor hy Jesus se geboorte aangekondig het. Goeie Nuus is…
Lees VerderSewe redes hoekom Jesus aarde toe gekom het
Lukas 1:67-80 Ek het hierdie week ‘n prent gesien van ‘n ‘holly berry’ krans en ‘n doringkroon. Bo die ‘holly berry’ krans staan daar: ’tis the season. Bo die doring kroon staan daar: ’tis the reason. Die volgende vraag is egter: wat is die rede hoekom Jesus aan die kruis moes sterf? In Luk. 1:67-80 gee Sagaria…
Lees VerderHoe moet ons Kersfees vier?*
Verskeie tekste Ek kom uit ‘n tweetalige huis. My pa is Engels en my ma Afrikaans. My ma se kant van die familie het Kersfees as volg gevier: Daar was ‘n Kersboom met liggies. As kinders het ons geglo Kersvader bestaan regtig. Op Oukersaand het gery om liggies te kyk, ‘n warm ete geniet, Kersliedere gesing en die…
Lees VerderDie goue draad van verlossing
Verskeie tekste Toe het verlede week deur die Karoo gery het, toe sien ek ‘n rotsrif wat vir kilometers teen die berge loop. So is die goue draad van verlossing in die Bybel ook. As jy altyd net op die detail van ‘n gegewe teks fokus, mis jy dit. As jy egter terugstaan en die…
Lees VerderDie beste manier om Kersfees te vier
Genesis 49:8-12 Dit verheerlik God as Christene sy gawes oor die Kersseisoen geniet: familie, smaaklike etes, mededeelsaamheid, eredienste, Kersliede en meer. Ons moet natuurlik die regte gesindheid en die regte doel hê. Jakob se profesie in Gen. 49:8-12 wys ons hoe gelowiges Kersfees moet vier. Dit leer ons hoe ons ons lewens moet leef. Ons kan dit onder die volgende…
Lees VerderWie is die Baba van Betlehem?
Miga 5:1-4a Die Moslems glo dat Jesus uit die maagd Maria gebore is, maar sê dat Hy nie die Seun van God is nie. Maar wat leer die Bybel? Miga 5:1-4a is een uit vele tekste wat die vraag beantwoord. Hy is die Koning (v.1) Tydens die slag van Bloedrivier op 16 Des. 1838, het 470…
Lees VerderEk glo in Kersfees
1Timoteus 3:16 Ek bedoel nie dat ek in Kersvader en sy takbokke of elwe glo nie. Ek bedoel eerder dat ek in die God glo wat mens geword het. Jesus se menswording en die res van die Bybel se lering oor Hom is sentraal tot die Christelike geloof. Dit bepaal hoe jy lewe. 1Tim. 3:16 sal vir…
Lees Verder