Anderkant die dood
Lukas 16:19-23 Wat lê anderkant die dood? Mense verskil. Godsdienste verskil. Elkeen het sy eie opinie. Selfs tussen Christene is daar verskille. ’n Bekende teoloog betwyfel die tradisionele Christelike interpretasie van lewe na die dood. Volgens hom gaan mense nie hemel toe of hel toe wanneer hulle sterf nie, maar die hel is in jou…
Lees VerderDie sewe kruiswoorde van Jesus: Heerlikheid
Lukas 23:46 In ’n sekere sin is die sewe kruiswoorde van Jesus soos die skepping. Op die sesde dag het die Here alles voltooi en daarna het Hy gerus (Gen. 1:31-2:3). Net so was Jesus se sesde kruiswoord: “Dit is volbring!” (Joh. 19:30). Daarna het Hy gerus en sy hemelse heerlikheid ingegaan. Deur Hom kan…
Lees VerderPersoonlike Probleme: Veroudering en die Dood
Prediker 12:1-8 Party mense is bang om oud te word. Hulle vrees die dag as hulle nie meer kan bestuur nie, as hulle afhanklik is van ander, as hulle kinders namens hulle besluite moet neem, as hulle uit die huis moet trek waar hulle vir jare gewoon het en na ’n tehuis waar mense van…
Lees VerderVerwarring oor die wederkoms
1Tessalonisense 4:13-18 Baie mense is verward oor wat met ‘n persoon gebeur wanneer hy sterf. Almal weet dat jou liggaam begrawe of verbrand word, maar wat dan? Gaan jou siel dadelik hemel toe of hel toe? Kry jy ‘n nuwe liggaam in die hemel, of is dit net jou siel wat daar is? Wat word van…
Lees Verder’n Bybelse hantering van pyn
Romeine 8:18-27 Soos die res van die mensdom beleef ons pyn. In 2010 het ‘n vriend van my beide sy ouers op een dag verloor. Ek ken ‘n vrou en haar dogters wat kronies siek is en elke paar weke (sonder oordrywing) opgeneem word in die ‘n Man wat by my ouers gebly het is…
Lees VerderPrente van die dood
Job het baie gely. Al tien sy kinders is op een dag dood. Op dieselfde dag het hy al sy besittings verloor. ‘n Tydjie daarna toe kry hy pynlike swere. Daarna het sy vriende gekom om vir hom raad te gee. Maar dit was ‘n ramp. Hulle het hom beskuldig en gesê hy kry swaar…
Lees VerderLeer uit ander mense se foute
Ek het eenkeer vir ‘n ouer Christen gevra hoekom hy so baie in geskiedenis belangstel. ‘Dit help o.a. dat ek nie die foute herhaal wat ander mense gemaak het nie,’ het hy gesê. Hy het m.a.w. uit ander mense se foute geleer. Volgens Rom. 15:4, 1Kor. 10:11 is dit ‘n Bybelse beginsel. Paulus sê:…
Lees VerderGod se dagboek
Tommie is 11 en sy sussie 14. Hy weet baie meer van haar as wat sy dink, want wanneer sy in die middag by die skool is, lees hy haar dagboek. Jy kan raai dat sy ‘n hartaanval sal kry as sy dit weet. Met die Here is dit anders: Hy gee nie om…
Lees VerderDie waarheid oor lewe na die dood
Mense het verskillende idees oor wat met jou gebeur wanneer jy doodgaan. Omdat ek in Jesus glo en die Bybel as sy Woord aanvaar, gaan ek my nie steur aan wat Hindoes en Buddhiste oor reïnkarnasie, die Brahman en Nirvana sê nie. Ons is bestem om een maal te sterf (Heb.9:27); ons bestaan nie in…
Lees VerderJesus se dood en joune
In sy lied, Another day in Paradise, sing Phil Collins van hoe die ryk mense in ons samelewing die armes ignoreer. Volgens hom moet ons twee keer dink en dankbaar wees vir die voorregte wat ons het: ‘O, think twice… just another day for you and me in Paradise.’ Maar solank as wat daar…
Lees Verder