Coram Deo Cover Image

Coming soon...

2 November 2025

Van vrees tot vertroue: Vertwyfeling

Habakuk 1

Ons kommunikasie kanale is oorspoel met nuus oor hoe sleg dit gaan in ons land. Ons sien sosiale verotting oral om ons. Habakuk het dieselfde ervaar in sy eie tyd en praat oor wat in hom en om hom aangaan. Hy begin deur te bevraagteken hoe God die verval in die samelewing kan toelaat maar kom nogtans tot die gevolgtrekking dat God regeer. Habakuk het deur drie intense geloofservarings gegaan om tot hierdie gevolgtrekking te kom. Ons sien sy vertwyfeling in die eerste hoofstuk, dan verantwoording in die tweede hoofstuk en vertroue of versekering in die derde hoofstuk.

In die eerste hoofstuk leer Habakuk dat die manier hoe God die nasie sal straf onverwags en onverstaanbaar is omdat dit deur ʼn inval van die Galdeers sal gebeur. Dit laat hom nog meer ontsteld, maar Habakuk moet nog ontdek dat God sy mense liefhet. God sny soms die ankertoue van ons bestaan af sodat ons weer kan leer om aan hom alleen vas te hou.Terwyl alles om hom inmekaarsak, vlug Habakuk na God toe, die God wat ten speite van alles nog steeds regeer.

'n Boodskap deur Louis Lourens

Kategorieë