Persoonlike Probleme: Eensaamheid
Psalm 142 In Mei 2020 is ’n vyftigjarige man dood in sy huis aangetref. Die ergste is dat hy al vir drie jaar daar gelê het!1 Hoekom het niemand dit geweet nie? Hoekom het niemand omgegee nie? Duidelik was die man baie eensaam. Ons samelewing bevorder eensaamheid. Deur die sosiale media het ons meer vriende…
Lees VerderPersoonlike Probleme: Obsessief-Kompulsiewe Versteuring
Kolossense 2:20-23 Toe ek 15 jaar oud was, het my ouma my van iemand vertel wat Obsessief-Kompulsiewe Versteuring het (hierna OKV). Die persoon kon nie funksioneer as al haar kleurpotlode nie in orde was nie. Blykbaar beskryf OKV iemand wat herhalende gedagtes het wat angs veroorsaak. So iemand voel baie keer gedwing om aksie te…
Lees VerderPersoonlike Probleme: Skisofrenie en Persoonlikheidsafwykings
Verskeie Tekste Skisofrenie kom van twee Griekse woorde (schizō + phrēn) wat verdeel en verstand beteken. Wat is skisofrenie en hoe lyk dit? Psigiaters gebruik dit van iemand wat hallusineer, stemme hoor, glo dat hy of sy buitengewoon talentvol en beroemd is; van iemand wat min emosie wys, anti-sosiaal is en monotoon praat. Navorsers meen…
Lees VerderInterpersoonlike Probleme: Kritiek
2Samuel 16:5-14 ’n Vrou bekend vir haar kritiese gees het na een van John Wesley se preke geluister. Na die preek het sy gesê: ‘Jou das is te lank; dit gee aanstoot.’ Wesley het vir ’n skêr gevra en sy das afgesny. ‘Is jy tevrede?’ het hy gevra. Toe sy nog steeds nie tevrede was…
Lees VerderInterpersoonlike Probleme: Vriendskap
Prediker 4:9-12 In John Bunyan se Pilgrim’s Progress ontmoet Christian ’n vriend genaamd Faithful. Hulle bly beste vriende, totdat Faithful sy lewe vir die evangelie verloor. Daarna ontmoet Christian ’n nuwe vriend, Hopeful. Hulle bly vriende totdat hulle saam deur die rivier van die dood moet gaan en veilig aan die hemelse strand uitklim.1 Het…
Lees VerderDie gevaar van geestelike sukses
Lukas 10:17-20 J.C. Ryle skryf: ‘Few men are like Samson, and can kill a lion without telling others of it… There are few Christians who can carry a full cup with a steady hand.’1 Sukses kan gevaarlik wees. Ussia was ’n goeie koning, totdat hy sukses bereik het. Daarna het hy hoogmoedig geword en geval…
Lees VerderOns onwankelbare God
Psalm 46 Ek het onlangs by die Stormsriviermond gesit en kyk hoe die branders teen ’n rots slaan. Dit het geklink soos donderweer of een of ander ontploffing. Die water het maklik tien meter in die lug in geskiet. Jaar in en jaar uit slaan die branders teen daardie rots, maar dit beweeg nie. Die…
Lees VerderWanneer Jesus nie sin maak nie
Lukas 7:18-35 2018 was vir my ’n moeilike jaar. In ons gemeente het ek binne ses weke drie mense begrawe. ’n Man van 84 het in sy huis doodgebrand. Twee weke later het een van ons toegewydste lidmate in sy huis gesterf. Ek was daar toe hy sy asem uitblaas en het vir drie ure…
Lees VerderHoekom het God jou gemaak?
Psalm 8 Hierdie was my oupa se gunsteling Psalm. Wanneer ons by hulle gaan kuier het, het hy dit gelees voor ons terugkeer huistoe. Dawid antwoord die basiese vraag van elke mens: hoekom is ek hier; hoekom het God my gemaak? 1. Om onder Hom te wees (v.1-5) In November 2009 het ek op…
Lees VerderDie gevare van ’n kritiese gees
Lukas 6:37-42 ’n Voedselkritikus is iemand wat die voorkoms, tekstuur en smaak van kos evalueer en in ’n tydskrif of koerant daaroor skryf. So iemand sal as ’n gewone kliënt by ’n restaurant opdaag en dit op grond van hulle diens en die ete gradeer (soos in Walt Disney se tekenprent Ratatouille). Dit is nie…
Lees Verder