Bid met geloof
Lukas 17:5-6 ’n Sestienjarige seun het baie siek geword. Sy ouers het vir sy genesing gebid, maar hy het gesterf. Baie mense sal sê die seun of sy ouers het nie genoeg geloof gehad nie. Soos die dissipels verstaan hierdie mense geloof verkeerd. Hulle weet nie wat dit beteken om met geloof te bid nie….
Lees VerderOor versoeking en vergifnis
Lukas 17:1-4 Die sterkste kasteel kan nie teen die vyand staan as daar ’n verraaier binne is nie. Net so kry die duiwel en die wêreld maklik ’n houvas op mense, omdat daar ’n verraaier binne is.1 Elke mens het ’n Judas binne hom: “Elkeen word versoek wanneer hy deur sy eie begeerte meegevoer en…
Lees Verder’n Pleidooi uit die hel
Lukas 16:27-31 ’n Ou teoloog het gesê: ‘Hell is nothing more than truth known too late.’1 Die ryk man in Lukas 16 was so: hy het te laat vir homself en sy ongeredde familie op aarde gepleit. Die volledige gelykenis lees as volg: 19 “Daar was ’n ryk man wat klere van purperstof en fyn…
Lees VerderDie vreugde en smarte van die hemel en die hel
Lukas 16:24-26 Die storie begin by v.19: “Daar was ’n ryk man wat klere van purperstof en fyn linne gedra en elke dag swierig feesgevier het. Voor die ingang van sy huis het ‘n bedelaar met die naam Lasarus gelê. Hy was oortrek van swere, en het daarna gesmag om iets te ete te kry…
Lees VerderAnderkant die dood
Lukas 16:19-23 Wat lê anderkant die dood? Mense verskil. Godsdienste verskil. Elkeen het sy eie opinie. Selfs tussen Christene is daar verskille. ’n Bekende teoloog betwyfel die tradisionele Christelike interpretasie van lewe na die dood. Volgens hom gaan mense nie hemel toe of hel toe wanneer hulle sterf nie, maar die hel is in jou…
Lees VerderChristus en jou geldsake
Lukas 16:1-18 Toe ons studente was, het ek en my vriend Jannie Vosloo Lukas 16 probeer uitwerk. Ons kon dit nie verstaan nie. Jannie het intussen deur Lukas gepreek en vandag kom ek by die gedeelte. Ek glo ek verstaan nou die groot prentjie en hoop om dit eenvoudig aan jou te verduidelik. Dit gaan…
Lees VerderDrie redes vir Kersfees
Lukas 15:11-32 ’n Paar jaar gelede het ’n prentjie oor Kersfees op WhatsApp die rondte gedoen. Op die prentjie is daar ’n ‘holly’ en doringkroon langs mekaar. Onder die ‘holly’ staan daar: ‘Tis the season.’ Onder die doringkroon staan: ‘Tis the reason.’ Dit is goed opgesom. Dit is die rede vir Kersfees; hoekom Jesus aarde…
Lees VerderChristus se liefde vir sondaars
Lukas 15:1-10 ‘Jesus is ’n gentleman wat sy wil op niemand sal afdwing nie. Hy wag dat mense Hom moet aanneem.’ So dink party Christene oor Jesus. Maar hulle tref ’n vals onderskeid. Asof ’n gentleman nie ook vreesloos, dapper en sterk is nie; asof hy ’n noodle is wat sy bruid nie teen rowers…
Lees VerderWat sal dit jou kos om Jesus te volg?
Lukas 14:25-35 In John Bunyan se Pilgrim’s Progress het Christen uit die Stad van Verwoesting na die Hemelse Stad toe gevlug. Kort nadat hy vertrek het, het Hardkoppig en Buigsaam hom agterna gesit om hom te keer. Christen het hulle vertel dat hy in sy boek van die Hemelse Stad gelees het. Hardkoppig wou niks…
Lees VerderGasvryheid in die hemel en op aarde
Lukas 14:12-24 Ons goeie vriende in Parys is ’n toonbeeld van gasvryheid. Ons kuier een of twee keer per jaar by hulle. Ek en my vriend bid saam. Ons eet lekker. Ons voer geestelike gesprekke. Toe my vriend se ma siek was, het hulle haar in hulle huis verwelkom. Hulle het dinge so ingerig dat…
Lees Verder