Jesus in die Kollig
Lukas 3:15-22 Ek verag dit as ’n leraar ’n groot foto van homself en sy vrou op hulle webtuiste, of kennisgewing sit. Ek kry die idee dat hý en nie Jesus nie, in die kollig is. In Luk. 3 is Jesus in die kollig en gee Johannes nie om dat hy in die agtergrond verdwyn…
Lees VerderOor Jesus se doop en joune
Matteus 3:13-17 ’n Gelowige besoeker het my eenkeer gevra of ek haar kan doop, nadat sy reeds drie keer gedoop is. Ek moes haar verkeerde verstaan van die doop uit die Bybel regstel en vir haar sê dat ’n gelowige slegs één keer gedoop hoef te word. ‘Maar wat as iemand in ’n vals kerk…
Lees VerderWat beteken jou doop?
Romeine 6:1-5 Oor die jare het ek mense ontmoet wat vir vreemde redes gedoop wou word. Party wou gedoop word, omdat dit spesiaal sou wees as die hele familie saam gedoop word. Ander wou gedoop word, sodat hulle lidmate kon wees en ‘n gemeente kon hê om hulle te trou en eendag te begrawe. Een…
Lees VerderNominale Christenskap
Romeine 4:9-12 Nominale Christenskap beteken dat iemand ‘n Christen in naam is, maar dat sy of haar lewe nie anders is as die wereld s’n nie. Sulke mense beskou hulleself as Christene omdat hulle kerk toe gaan of êrens op ‘n kerk se lederol is. Maar as dit ons definisie van Christenskap is, is 75% van ons land se…
Lees VerderWat verwag die Here van jou?
Oor bekering, doop en kerklidmaatskap Dit is aaklig om nie te weet wat jou baas, afrigter, familielid of onderwyser van jou verwag nie. Dit voel alewig asof hulle kwaad is vir jou. ‘Het ek dit reg gedoen?’ wonder jy. Maar jy weet nie, omdat hulle nie vir jou sê nie. Gelukkig is die Here nie…
Lees VerderVergete voorregte
Gert sukkel om deur die maand te kom en weet nie waar hy die res van maand se kos, petrol- en huurgeld gaan kry nie. Skielik onthou hy van sy e-bucks kaart wat al vir ‘n paar jaar opgeloop het. Daar is R15 000 op die kaart. Hy het skoon van dié voorreg vergeet. So…
Lees VerderVerdeeldheid in die kerk
Jy ken seker dié ou grap. As twee Jode bymekaar kom stig hulle ‘n besigheid. As twee Duitsers bymekaar kom stig hulle ‘n ingeneursmaatskappy. As twee Afrikaners bymekaar kom stig een af. Dis erg genoeg dat Afrikaners hierdie reputasie het. Dis erger dat die Korintiërs dit gehad het (1 Korintiërs 10:1-17). Die oproep tot…
Lees VerderMy kind vra oor die doop en die nagmaal (riglyne vir ouers en grootouers)
Elke ouer wil die beste vir sy kind hê. Daarom kyk ons maklik hulle foute mis. ’n Vrou in Nelspruit het vir my gesê: ‘Ek weet my 13-jarige is nóú rebels, maar hy het sy hart vir die Here gegee toe hy 5 was.’ As dit jóú kind is, erken jy moeilik dat syne waarskynlik…
Lees VerderDie evangelie is vir almal
Hiper-Calviniste preek nie die evangelie vrylik nie. Hulle deel dit net met mense wat onder sonde-oortuiging is. In húlle denke is die evangelie nie vir almal nie. Handelinge 8 dink anders. Filippus en die Samaritane (v.1-25) “1 En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd ‘n groot vervolging…
Lees VerderHoe weet jy God sal sy beloftes hou?
Ek het al dikwels in preke verwys na John Paton. Hy was ‘n Skotse sendeling na die New Hebrides. Die inboorlinge (kannibale) het dikwels vir Paton belowe dat hulle sal ophou om te steel en te moor. Hulle beloftes was soos ‘n wasem. Hulle het gelieg. Genesis 15:1-18:15 wys vir ons dat God nie ‘n…
Lees Verder