Jesus se tafelgesprek oor nederigheid en die Sabbat

16 Nov 2022 Geplaas in: Hoogmoed, Lukas 14:1-11, Nederigheid, Sondag en Sabbat

Lukas 14:1-11 ’n Tafel is ’n wonderlike plek. Gesprekke vind daar plaas. Ek verkies dit om by ’n tafel te eet eerder as voor ’n TV. Rondom ’n tafel is waar die beste gesprekke plaasvind. Martin Luther se studente was gereeld in sy huis. Hulle het sy lering en gesegdes aan die etenstafel neergeskryf. Dit…

Lees Verder

Persoonlike Probleme: Eensaamheid

25 Jun 2022 Geplaas in: Eensaamheid, Psalm 142

Psalm 142 In Mei 2020 is ’n vyftigjarige man dood in sy huis aangetref. Die ergste is dat hy al vir drie jaar daar gelê het!1 Hoekom het niemand dit geweet nie? Hoekom het niemand omgegee nie? Duidelik was die man baie eensaam. Ons samelewing bevorder eensaamheid. Deur die sosiale media het ons meer vriende…

Lees Verder

Interpersoonlike Probleme: Kritiek

8 May 2022 Geplaas in: 2Samuel 16:5-14, Kritiese gees

2Samuel 16:5-14 ’n Vrou bekend vir haar kritiese gees het na een van John Wesley se preke geluister. Na die preek het sy gesê: ‘Jou das is te lank; dit gee aanstoot.’ Wesley het vir ’n skêr gevra en sy das afgesny. ‘Is jy tevrede?’ het hy gevra. Toe sy nog steeds nie tevrede was…

Lees Verder

Die gevaar van geestelike sukses

29 Jan 2022 Geplaas in: Hoogmoed, Lukas 10:17-20

Lukas 10:17-20 J.C. Ryle skryf: ‘Few men are like Samson, and can kill a lion without telling others of it… There are few Christians who can carry a full cup with a steady hand.’1 Sukses kan gevaarlik wees. Ussia was ’n goeie koning, totdat hy sukses bereik het. Daarna het hy hoogmoedig geword en geval…

Lees Verder

Ons onwankelbare God

4 Dec 2021 Geplaas in: God, Psalm 46, Psalms, Vrees

Psalm 46 Ek het onlangs by die Stormsriviermond gesit en kyk hoe die branders teen ’n rots slaan. Dit het geklink soos donderweer of een of ander ontploffing. Die water het maklik tien meter in die lug in geskiet. Jaar in en jaar uit slaan die branders teen daardie rots, maar dit beweeg nie. Die…

Lees Verder

Wanneer Jesus nie sin maak nie

10 Jul 2021 Geplaas in: Lukas 7:18-35, Twyfel

Lukas 7:18-35 2018 was vir my ’n moeilike jaar. In ons gemeente het ek binne ses weke drie mense begrawe. ’n Man van 84 het in sy huis doodgebrand. Twee weke later het een van ons toegewydste lidmate in sy huis gesterf. Ek was daar toe hy sy asem uitblaas en het vir drie ure…

Lees Verder

Die gevare van ’n kritiese gees

28 May 2021 Geplaas in: Kritiese gees, Lukas 6:37-42

Lukas 6:37-42 ’n Voedselkritikus is iemand wat die voorkoms, tekstuur en smaak van kos evalueer en in ’n tydskrif of koerant daaroor skryf. So iemand sal as ’n gewone kliënt by ’n restaurant opdaag en dit op grond van hulle diens en die ete gradeer (soos in Walt Disney se tekenprent Ratatouille). Dit is nie…

Lees Verder

Hoe om Julius Malema en die res van jou vyande lief te hê

14 May 2021 Geplaas in: Liefde, Lukas 6:27-36, Vervolging

Lukas 6:27-36 Jy kan enige vyand se naam met Malema s’n vervang, maar ek noem syne, omdat hy die meeste van ons omroer as hy rassehaat, grondgrype en moord blaas. Miskien pla hy jou nie juis nie. Die vraag is dan wie jóú vyand is. Is dit jou lewensmaat, ’n ouer, ’n kind, ’n broer,…

Lees Verder

Persoonlike Probleme: Selfversekerdheid

31 Oct 2020 Geplaas in: Markus 14:26-31, Selfversekerdheid

Markus 14:26-31 Só klink die HAT se definisie van selfverskerdheid: ‘Seker van jouself, vol vertroue op eie bekwaamheid.’1 Dit gaan hier oor die Engelse woord ‘overconfidence’. Ek wil egter nie die woord oorverseker gebruik nie, omdat party mense dit met versekeringsmaatskappye soos Outsurance sal verwar. Ek glo dit sal help as ek ’n paar voorbeelde…

Lees Verder

Persoonlike Probleme: Vooroordeel en Agterdog

2 Oct 2020 Geplaas in: 1Korintiers 4:1-5, Vooroordeel en Agterdog

1Korintiërs 4:1-5 Die Engelse woord vir vooroordeel is ‘prejudice’. Miskien het jy die woord gehoor in Jane Austen se boek, Pride & Prejudice. Om bevooroordeeld te wees, beteken dat jy iemand oordeel nog voordat jy iets van hulle weet. Jy oordeel hulle met ander woorde as goed, of sleg op grond van iets uiterlik: hulle…

Lees Verder
1 2 3 5