Die Heilige Gees: Ses sondes teen die Gees
Verskeie Tekste Freddie en Lisa gaan vir huweliksberading. Freddie roem dat hy nog nooit aan haar ontrou was nie. Hy sê nie dat hy haar emosioneel, verbaal en fisies afbreek nie. Net so vrees party mense die onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees, maar hulle vergeet dat hulle op ander maniere teen Hom sondig. Hoe…
Lees VerderHernu jou Toewyding
Josua 24:1-28 Ek is nie ’n groot voorstaander van altar calls nie. Buiten dat dit nie in die Bybel voorkom nie, het baie van dié wat navore kom ’n vals bekering. Dit is ook so dat party van hulle gedurig uitkom en dink dat hulle van voor af tot bekering moet kom. En tog dink…
Lees Verder’n Waarskuwing teen geestelike selfmoord
Hebreërs 10:26-39 Om te hoor dat iemand selfmoord gepleeg het, is ’n groter skok as om te hoor dat iemand dood is. Dit is dieselfde met geestelike selfmoord. Die dissipels was seker geskok dat Judas vir Jesus verraai het. Ek was geskok toe ek hoor dat Joshua Harris sy rug op Jesus gedraai het. Omdat…
Lees VerderDie onvergeeflike sonde
Hebreërs 6:1-8 Die sonde waarvan ons in Heb. 6 lees, is dieselfde as die onvergeeflike sonde, of die sonde teen die Heilige Gees waarvan ons in Matt. 12:32 lees. Wat is hierdie sonde en hoe weet jy of jy dit gepleeg het? 1. Aanmoediging (v.1-3) Almal het al gesien hoe ouers ‘n baba aanmoedig…
Lees VerderDodelike ongeloof
Hebreërs 3:7-19 Die NG Kerk se liberale teologie en -praktyke is die skande van die Kerk in Suid-Afrika. Die NG Kerk se teologiese fakulteite (Tukkies en Stellenbosch) glo lankal nie meer die Bybel nie. Hulle ontken die maagdelike geboorte, Jesus se liggaamlike opstanding en ander basiese waarhede van die Christelike geloof. Die onlangse Sinode van…
Lees VerderHoe om te keer dat jy wegdryf
Hebreërs 2:1-4 Toe ons twee jaar gelede in Jeffeys Baai was, het my kinders naby ‘n gevaarlike rypstroom [Eng. rip current] geswem. Ons het dit nie geweet nie, totdat ‘n man ons genader het en vir ons gesê het: ‘Jou kinders moenie hier swem nie. Voor jy dit weet, trek hierdie stroom hulle 50 meter…
Lees VerderDie pad na afvalligheid en hoe om herstel te word
Romeine 11:17-24 Ernie Reisinger se seun het bely dat hy die Here ken. Hy het die vrug van bekering gedra en was betrokke in die kerk. Daarna het hy egter vir meer as ‘n dekade afvallig geraak. Op die einde het hy na die Here toe teruggedraai en Hom getrou gedien [Geoffrey Thomas, Ernest C. Reisinger: A…
Lees Verder’n Kans om jou te bekeer
Dalk dink jy hieride preek is nie vir jou nie. Maar jy kan dit net ignoreer as jy perfek is, altyd naby Here, en nooit wegdwaal nie. Ek het oor die afgelope paar maande besef dat dit nie net prostitute, dwelmhandelaars en naakte barbare êrens op ‘n eiland is wat hulp nodig het nie. Daar is sonde in ons eie gemeente, onder…
Lees VerderHoe om iemand te beraad
Daar is meer as een vorm van berading. Ek glo egter dat net één van hulle Bybels is, naamlik nouthetiese of Bybelse berading. Bybelse beraders glo dat die Here dokters gegee het om ons met ons liggaamlike probleme te help, terwyl die Bybel, die Heilige Gees en gebed voldoende is vir ons geestelike probleme. Maar nie alle Christene…
Lees Verder