Fisieke Probleme: Siekte
Jesaja 38 In sy boek oor genesing skryf Andrew Wommack dat siekte nooit God se wil vir ons is nie. Hy vertel van ’n ouerpaar wie se vierjarige ernstige breinskade gehad het. Die ouers het die Here vir ’n wonderwerk gesmeek, maar die kind het gesterf. Toe Wommack die ouers besoek, het hy gesê dat…
Lees VerderInterpersoonlike Probleme: Vuil Taal
Jesaja 6:1-8 Ek ken ’n klomp broers wat vreeslik kan vloek. Maar hulle is niks in vergelyking met ’n man wat langs my op die vliegtuig gesit het nie. Hy het die vieslikste taal gebruik, en baie daarvan. Gewoonlik bied mense verskoning aan as hulle hoor dat ek ’n predikant is. Nie hierdie man nie….
Lees VerderKersfees in die laaste dae
Jesaja 8:23-9:6 In elke era is daar mense wat dink dat hulle in die laaste dae lewe. Volgens tekste soos 1Kor. 10:11, Heb. 1:1-2, 9:26 het die laaste dae met Jesus se eerste koms begin. Die laaste dae strek tot by sy tweede koms. Elke dag is een dag nader daaraan as gister (Rom. 13:11)….
Lees VerderDie aanbidding wat God soek
Jesaja 66 Sommige mense het die idee dat enige aanbidding vir die Here aanneemlik is, solank dit opreg is. Dit is eenvoudig nie waar nie. Wat het gebeur toe Ussa die Here opreg aanbid het, maar nie volgens sy Woord gehandel het nie? Hy het gesterf (2Sam. 6:7). Ander dink weer dat die Here tevrede…
Lees VerderOor God se oordeel en die nuwe aarde
Jesaja 65 Vir goud om suiwer te wees, moet dit eers deur die vuur gaan. En vir die nuwe skepping om rein te wees, moet die Here eers met sonde afreken. Dit is waaroor Jes. 65 gaan. God se oordeel (v.1-16) Vrot vrugte wat van ‘n boom af val, is goed vir die grond. Net so het…
Lees VerderDie God van wraak en verlossing
Jesaja 63-64 In enige oorlog is die dag van wraak oor die vyand ook die dag van verlossing vir die verdruktes. Dieselfde swaard wat die vyand doodmaak, red die vriende. God se dag van wraak is ‘n dag van verlossing vir sy kinders (63:4, Gen. 3:15, Kol. 2:14-15, 2Tess. 1:6-10, Heb. 2:14-15, 9:27-28, 1Joh. 3:8)….
Lees VerderDie sleutel tot kerkgroei
Jesaja 62 Enigiemand kan ‘n kerk groei. Al wat jy nodig het is die regte musiek, vermaak vir jonk en oud, beloftes van voorspoed en sukses, ’n vriendelike atmosfeer, positiewe en kort preke wat sag op die oor val. Maar dan is dit nie ‘n kerk in die Bybelse sin van die woord nie. Met kerkgroei…
Lees VerderJesus en jou stukkende lewe
Jesaja 61 Die bediening en my eie lewe het my geleer dat mense stukkend is. Dit is alles a.g.v. sonde: Adam s’n, ons eie, of ander mense s’n. Vir gelowiges is dit egter nie hopeloos nie. Jesus spesialiseer daarin om stukkende mense reg te maak. Dit is hoekom Hy aarde toe gekom het, naamlik om dit wat Adam en die res van…
Lees VerderDie super herlewing van Jesaja 60
Jesaja 60 Vandag glo die meeste mense dat dinge erger gaan word voordat Jesus weer kom. Maar voor die 1800’s was dit nie so nie. Groot teoloë soos Athanasius (296-373), Calvyn (1509-1564), John Owen (1616-1683), en Jonathan Edwards (1703-1758) was optimisties oor die eindtyd [ Sien Keith Mathison, Postmillennialism: An Eschatology of Hope (Phillipsburg, New Jersey: P&R…
Lees VerderIs daar nog hoop vir Suid-Afrika?
Jesaja 59 Twee weke gelede het iemand vir my gesê: ‘Daar is nie ‘n God nie, maar net die voorvaders wat ons lei.’ Ek het gevra waar reg en verkeerd dan vandaan kom, maar hy het ontken dat dit bestaan. ‘Jy kan doen wat jy wil,’ het hy gesê. ‘Wat van moord en verkragting?’ het ek gevra. ‘Dit…
Lees Verder