’n Lewe van Seën en Vervloeking

8 May 2021 Geplaas in: Beloftes, Lukas 6:17-26

Lukas 6:17-26 Die Prosperity gospel is ’n vals boodskap wat sê dat dit altyd God se wil is vir Christene om gesond, voorspoedig en ryk te wees. Ons verag hierdie boodskap, maar in wese sê ons partykeer dieselfde. As ons geld het, of gesond is, sê ons: ‘Die Here seën my.’ Maar beteken dit dat…

Lees Verder

’n Belofte wat jou sal help om vas te byt

1 Nov 2018 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte, Liefde, Romeine 8:28-30, Sekerheid van redding, Uitverkiesing, Verlossing, Voorsienigheid

Romeine 8:28-30 In tye van nood soek almal iets om aan vas te hou. Vir sommige mense is dit hulle geliefdes, hulle gesondheid, hulle geld of hulle lewens. Maar wat as jou beproewing die verlies van hierdie dinge insluit─waaraan hou jy dan vas? Gelowiges het die Here om aan vas te hou; ons het die…

Lees Verder

God met ons

23 Dec 2015 Geplaas in: Beloftes, Christus, Kersfees

In Griekse mitologie het die gode soms die vorm aangeneem van reptiele, voëls, die skuim van die see, ens. Een aand was daar ‘n slang in die bed van Olympias, Filippus van Macedonië se vrou.  Kort daarna is Aleksander die Grote gebore.  Die Grieke het geglo dat die oppergod-Zeus in die vorm van ‘n slang…

Lees Verder

Die goue kalf en die God van die Bybel

15 Nov 2015 Geplaas in: Afgode, Beloftes, God, Hel, Oordeelsdag

‘n Paar jaar gelede het William P. Young se boek, The Shack opspraak gemaak onder Christene.  Talle kerke het Eugene Petersen se aanbeveling onderskryf, dat die boek vir ons geslag is wat John Bunyan se Pilgrim’s Progress vir syne was.  Soos jy onthou het die skrywer God die Vader uitgebeeld as ‘n oorgewig Neger vrou,…

Lees Verder

Perspektief in beproewing

18 Jan 2015 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte, Soewereiniteit

Ek was beïndruk toe ek ‘n prent sien van hoe klein die aarde teen die son is.  Die son is massief… totdat jy dit langs die grootste sterre sien.  Skielik is die son nie eers ‘n spikkel nie.  So is dit met beproewing.  Jou probleme is groot en verwarrend… totdat jy dit langs God sien. …

Lees Verder

Bakens van bemoediging

1 Jan 2015 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte, Christelike lewe

[youtube=http://youtu.be/7BSHhDbpvg4] Vir ‘n skip wat in die nag in ‘n storm beland, is die sig van ‘n lighuis ‘n baie groot bemoediging.  Om ons te help om die storms van beproewing te oorleef, het God bakens van bemoediging op ons weg gesit.  In Handelinge 28:1-16 kry ons ten minste sewe.   Gasvryheid (v.1-2) William Cowper…

Lees Verder

’n Rotsvaste belofte

17 Nov 2014 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte

[youtube=http://youtu.be/hyat6DD_wSU] ’n Paar weke gelede was ek by die see.  Twee of drie keer het ek op die rotse gaan staan, terwyl die branders 3 meter onder my gewoel het.  Ek was veilig.  God se belofte aan Abraham was rotsvas:  “En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so…

Lees Verder

Het God sy beloftes vergeet?

4 Sep 2014 Geplaas in: Beloftes

Mense met Alzheimer’s vergeet later bekende feite, die onlangse verlede, geliefdes se name en gesigte.  God kan nie Alzheimer’s kry nie; Hy kan nie sy beloftes en sy kinders vergeet nie.  Genesis 40-41 praat drie keer van mense wat vergeet:  “En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.”…

Lees Verder

Wag op die Here

9 Aug 2014 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte, Hoop

Ek het al voorheen verwys na twee karakters in John Bunyan se Pilgrim’s Progress:  Passion en Patience.  Passion wou dadelik al sy speelgoed hê.  Hy het dit gekry en vir Patience gelag, omdat hy niks gehad het nie.  Patience het geduldig gewag, omdat hy geweet het dat hy ‘n erfenis in die hemel het.  Kort…

Lees Verder

God se keuse word duidelik

12 Jul 2014 Geplaas in: Beloftes

Het dit al met jou gebeur dat jy skielik ‘n waarheid in die Skrif verstaan – iets wat jy al baie keer vantevore gelees het, maar nog nooit só duidelik verstaan het nie?  Dit voel sommer of jy opnuut tot bekering kom.  Dit is wat in Genesis 27-28 met Isak en Jakob gebeur het:  God…

Lees Verder