
Matteus 6:9-10
Party mense dink die Onse Vader was vir die dissipels ’n nuwe konsep, en dat die Jode God nie as ’n Vader genader het nie. Dit is onwaar. Verskeie verse in die Ou Testament verwys na God as ’n Vader (Deut. 32:6, Jes. 63:16, 64:8, Jer. 3:19, Mal. 1:6, 2:10 vgl. Joh. 8:41). Die Amidah is ’n Joodse gebed voor Christus. Daarin spreek die bidders God aan as “ons Vader”. Wat hulle egter nooit gedoen het nie, is om God Abba Vader te noem. In Mark. 14:36 het Jesus so gebid. Deur Hom kan ons die Vader met ’n intieme en respekvolle warmte nader en Hom Abba Vader noem (Rom. 8:15, Gal. 4:6). Die Vader geniet dit as ons so tot Hom bid, veral as ons dit saam met ander doen en sê: “Ons Vader in die hemel...” ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

