Volkome heiligmaking
1Tessalonisense 5:23-28 Om heilig te wees beteken dat God jou uit die wêreld afsonder om vir Hom te lewe. Heiligmaking verwys na die proses waardeur jy al hoe minder vir die wêreld lewe en al hoe meer vir die Here. God gee aan jou die begeerte en die vermoë om so te lewe, terwyl jý dit moet…
Lees VerderMoet die Gees nie uitblus nie
1Tessalonisense 5:19-22 ‘n Man in ons gemeente het gesê dat gelowiges in ons kringe nie genoegsame erkenning aan die Heilige Gees gee nie. ‘Ek hoor min preke oor die Heilige Gees,’ het hy gesê. ‘Ook in ons gebede erken ons nie die Heilige Gees nie.’ Dit is byna of ons die Heilige Gees as ‘n onpersoonlike…
Lees VerderGod se wil vir die kerk
1Tessalonisense 5:16-18 Deesdae is dit populêr vir selfaangestelde profete uit Amerika om te sê wat God se wil vir die kerk in Suid-Afrika is. Maar jy hoef nie ‘n ingenieur te wees om God se wil vir die kerk te ken nie. 1Tess. 5:16-18 sê in soveel woorde wat sy wil vir jou lewe en vir die…
Lees VerderSpanning in die gemeente en hoe om dit op te los
1Tessalonisense 5:12-15 As jy twee klippe teen mekaar kap, is daar vonke. En waar twee sondaars bymekaar kom, sal jy spanning hê. Selfs as jy soos ‘n monnik op jou eie in die woestyn bly, sal jy spanning in jou hart hê. As jy nooit spanning het nie, is dit omdat jy in die hemel…
Lees VerderGlo jy nog in die wederkoms?
1Tessalonisense 5:1-11 Hiper-preteriste is mense wat nie in die wederkoms glo nie. Volgens hulle is al die Bybelse profesieë in die eerste eeu n.C. vervul. Maar dit is kettery en sorteer onder die dwaling van “Himenéüs en Filétus…wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het” (2Tim. 2:17-18). [Keith Mathison en ‘n paar ander outeurs…
Lees VerderVerwarring oor die wederkoms
1Tessalonisense 4:13-18 Baie mense is verward oor wat met ‘n persoon gebeur wanneer hy sterf. Almal weet dat jou liggaam begrawe of verbrand word, maar wat dan? Gaan jou siel dadelik hemel toe of hel toe? Kry jy ‘n nuwe liggaam in die hemel, of is dit net jou siel wat daar is? Wat word van…
Lees VerderChristenwees by die kerk en by die werk
1Tessalonisense 4:9-12 ‘n Paar jaar gelede was ek by die begrafnis van ‘n man wat ek geken het toe hy nog in die laerskool was. Ek het hom nooit daarna gesien nie. ’n Vrou by die begrafnis het gesê dat die mense by sy werk kon sien dat hy ’n Christen is. Dit was ook Paulus se…
Lees Verder’n Wekroep tot seksuele reinheid
1Tessalonisense 4:1-8 Ek het hierdie week gehoor dat die NG Kerk binnekort gaan besluit of saambly sonde is, of nie. Louis van der Riet—die NG Kerk se eerste openlike gay leraar—het gesê: ‘Dit is beduidend dat daar uiteindelik oor die huwelik en seksualiteit gepraat kan word en dat die huwelik nie die enigste plek is vir seksuele verhoudings nie. Ruimtes…
Lees VerderDie ideale herder
1Tessalonisense 3:6-13 Ek het ‘n skets gesien wat die ideale leraar uitbeeld. Hy is so sterk soos Simson, so wys soos Salomo, so dapper soos Dawid, so geduldig soos Job, so vaardig soos Lukas, so volhardend soos Moses en so rats soos Saggeus. By ‘n konferensie het die prediker gesê: ‘Gee my die voete van ‘n Jehova’s Getuie, ‘n Moslem se maag,…
Lees Verder’n Herder se hart vir die gemeente
1Tessalonisense 2:17-3:5 Omdat ek self ‘n leraar is, gesels ek baie met ander leraars. Uit my gesprekke met hulle, asook uit my eie ervaring, weet ek hoe ‘n herder dink en voel. Hy wíl by die gemeente wees. As hy hulle vir ‘n lang tyd nie by die kerk sien nie, pla dit hom. Hy…
Lees Verder