Coram Deo Cover Image

Coming soon...

14 October 2025

Ek glo in God die Vader

Verskeie Tekste

Sedert die 2de eeu n.C. bely Christene by hulle doop: "Ek glo in God die Vader, die Almagtige." Hulle het boonop hulle geloof in Jesus Christus en die Heilige Gees bely, maar weens die invloed van Friedrich Schleiermacher, 'n liberale teoloog uit die 18de eeu, het baie mense die Kerk se belydenis oor Jesus begin ontken. In sommige Afrikaanse kerke ontken mense byvoorbeeld Jesus se maagdelike geboorte en sy liggaamlike opstanding uit die dood. Hulle bely nog hulle geloof in God die Vader, maar selfs dit is besig om te verander.

In 2007 het William P. Young se boek, The Shack, God die Vader as 'n swart Amerikaanse vrou uitgebeeld. Ter ere van vrouedag in 2010 het die leraar van 'n Afrikaanse gemeente in die Oos-Kaap 'n boodskap gepreek met die titel: Ons moeder in die hemel. Meer as een Afrikaanse leraar of teoloog het al hierdie uitspraak gemaak. Hulle gebruik tekste soos Psalm 131 waar Dawid by die Here wil wees soos 'n gespeende kind by sy ma wil wees. Hulle relaas is dat God nie manlik of vroulik is nie; Hy is 'n gees en daarom ook geslagloos. Die Bybel gebruik immers verskeie beelde of metafore vir God: Hy is 'n Rots, 'n Skild, 'n Son, 'n Sterk Toring, ens. Ek ontken dit nie, tog gee Hy ons nie toestemming om metafore te kies wat nie in die Bybel staan nie. Ons kan nie sê Hy is 'n jakkals, of ons hemelse volstruis nie; ons kan Hom nie ons hemelse moeder noem nie. God het met rede besluit om Homself as 'n Vader te openbaar. Wat sy redes? 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë