Werkverwante Probleme: Aftrede

1 Jul 2020 Geplaas in: Numeri, Numeri 8:23-26, Werk

Numeri 8:23-26 Hoe dink die wêreld oor aftrede? Vir hulle is die ideaal om vir die laaste 15, of 20 jaar van jou lewe gholf te speel, vakansie te hou, TV te kyk, by mense te kuier, met jou kleinkinders te speel, en jou stokperdjies te beoefen. Ek het byvoorbeeld mense by ’n vakansie-oord ontmoet…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Werkgewers

27 Jun 2020 Geplaas in: Efesiers 6:9, Werk

Efesiërs 6:9 ’n Man wat jare gelede in ons gemeente was, was ’n direkteur van ’n groot ingenieursfirma. ’n Ander ingenieur in die gemeente het saam met hom en sy kollegas gaan jag. Hy het later vir my gesê: ‘Sjoe, dit was nogal iets om te sien hoe vriendelik en beleefd X (die direkteur) teenoor…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Werknemers

20 Jun 2020 Geplaas in: Efesiers 6:5-8, Werk

Efesiërs 6:5-8 Voordat ek hierdie reeks begin het, het ek ’n ouer gelowige vir raad gevra: ‘Hoe kan ek oor werkverwante probleme preek as ek self nooit in die sekulêre sektor gewerk het nie?’ ‘As jy so wil redeneer, sal jy elke ervaring in die lewe moet deurmaak voor jy oor enigiets kan preek,’ het…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Beroepskeuses

12 Jun 2020 Geplaas in: Besluitneming, Romeine 12:2, Werk

Romeine 12:2 Hierdie is ’n relevante onderwerp. Dit is nie net skoliere en studente wat beroepskeuses moet maak nie. As gevolg van die onlangse grendelstaat sit baie Suid-Afrikaners sonder werk. Dit mag selfs wees dat vir een of ander goeie rede besluit het om jou werk te bedank. Hoe kies ’n mens ’n nuwe werk?…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Werketiek

6 Jun 2020 Geplaas in: Efesiers 4:28, Werk

Efesiërs 4:28 As Jesus ’n mens verander, maak Hy hom nie net geestelik nie, maar verander Hy elke aspek van sy lewe—ook sy werk (1Kor. 7:17-24). Derhalwe staan ’n toegewyde Christen nie net bekend as iemand met wie jy jou persoonlike probleme kan deel nie, maar as iemand wat jou met komplekse professionele probleme kan…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Werkverslawing en Tydbestuur

30 May 2020 Geplaas in: Prediker 3:1-15, PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE, Werk

Prediker 3:1-15 Die wêreld prys mense wat besig is. Party mense floreer op hierdie applous, sodat hulle op die einde werkslawe word. Miskien besef jy dat jy in hierdie net vassit, maar jy weet nie hoe om uit te kom nie. Pred. 3 behoort jou te help. In hierdie hoofstuk gee Salomo vir ons riglyne…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Dorings en Distels

22 May 2020 Geplaas in: Genesis 3:17-19, PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE, Werk

Genesis 3:17-19 Ek het gesien hoe mense in Kenia doringtakke om hulle beeskrale pak om die leeus uit te hou. In Johannesburg het ek ’n digte doringheining om iemand se erf gesien. Ek is seker dat dit beter as enige sekuriteitstelsel werk. Die punt wat ek probeer tuisbring, is dat dorings en distels die leeus…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Luiheid

14 May 2020 Geplaas in: PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE, Spreuke 6:6-11, Werk

Spreuke 6:6-11 ’n Webblad genaamd The South African sê dat Suid-Afrika een van die hardwerkendste lande ter wêreld is, omdat ons mense meer as die gemiddelde hoeveelheid ure per week werk.1 In nóg ’n artikel sê dieselfde blad dat Suid-Afrikaners van die luiste mense op aarde is.2 Wat is dit nou: werk ons die hardste,…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Werkloosheid

10 May 2020 Geplaas in: PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE, Werk, Werkloosheid

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=dbQcxi61nBM&w=560&h=315] Verskeie Tekste Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is in die top twintig ter wêreld. Omtrent 29% van ons land se bevolking is werkloos. Dit is byna 17 miljoen mense (Suid-Afrika se totale bevolking is net onder die 58 miljoen). Eintlik is die syfers hoër, omdat die statistiek nie mense insluit wat in die laaste…

Lees Verder

Werkverwante Probleme: Versoeking en Vervolging

20 Mar 2020 Geplaas in: Genesis 39, PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE, Versoeking, Vervolging, Werk

Genesis 39 John MacArthur vertel van ’n vrou wat hom eenkeer ’n brief by die deur gegee het. Toe hy die brief oopmaak, toe staan daar dat sy hom graag alleen by haar huis wil sien. Hy het onmiddellik iemand agter haar aangestuur en gevra dat hulle haar van die perseel af moet verwyder en…

Lees Verder