Die Opstandingslewe
Efesiërs 2:1-10 Die proses van hoe reën vorm—die hidrologiese siklus—is wonderlik en meer kompleks as wat ons dink.1 Ons ken die basiese en weet dat water verdamp en in gas verander as die son daarop skyn. Daarna kondenseer dit: die mikroskopiese waterdruppels begin aan mekaar vassit om wolke te vorm. Die druppels smelt dan met…
Lees VerderKruisgesentreerde Christenskap
Galasiërs 6:11-18 ’n Mens sou dink dit is onnodig om te sê, omdat Christenskap per definisie op Jesus se kruisdood vir ons sonde fokus. Om dus van kruisgesentreerde Christenskap te praat is oorbodig, byna soos as iemand ‘weer herhaal’, of ‘dood verongeluk’ sê (herhaal beteken om ‘weer te doen’, terwyl verongeluk beteken dat die persoon…
Lees VerderAs Jesus nie opgestaan het nie…
1Korintiërs 15:12-19 Rudolf Bultmann (1884-1976) was ’n Duitse teoloog in die vorige eeu. Hy het die bonatuurlike elemente van die Skrif—byvoorbeeld Jesus se wonderwerke en sy liggaamlike opstanding—verwerp en dit as ’n mite bestempel. In ’n poging om die Bybel meer aanvaarbaar vir die moderne wetenskaplike mens te maak, het hy besluit om sogenaamde mites…
Lees VerderKán en wíl Jesus my help?
Lukas 5:12-26 Jan is ’n boemelaar met ’n ryk familie. Hulle kán hom help, maar hulle wíl nie. Sy vriend daarenteen wíl hom help, maar hy kán nie. Jesus is nie so met sondaars nie. Hy wíl ons help en Hy kán ook. 1. Jesus wíl jou help (v.12-15) In die Bybel verwys melaatsheid…
Lees Verder’n Geesvervulde Bediening
Lukas 4:14-30 John Livingstone was ’n gewone prediker uit Kilsyth in Skotland. In 1630 is hy gevra om by ’n gesamentlike diens te preek waar hulle die nagmaal gevier het. Hy was benoud en het gevoel dat die taak vir hom te groot is. Deur die nag het hy in die veld gaan peins en…
Lees VerderDie Naam bo elke naam
Lesse uit Jesus se Stamboom Lukas 3:23-38 Des en Jenny Oatridge was sendelinge wat onder die Binumarien stam van Papua-Nieu-Guinea gewerk het. Hulle het die Bybel in die mense se taal vertaal. Toe Des Matteus vertaal het, het hy Jesus se geslagsregister in Matt. 1:1-14 vir laaste gelos. Hy het byna daarvan vergeet. Hy het…
Lees VerderJesus in die Kollig
Lukas 3:15-22 Ek verag dit as ’n leraar ’n groot foto van homself en sy vrou op hulle webtuiste, of kennisgewing sit. Ek kry die idee dat hý en nie Jesus nie, in die kollig is. In Luk. 3 is Jesus in die kollig en gee Johannes nie om dat hy in die agtergrond verdwyn…
Lees VerderLesse uit Jesus se Kinderdae
Lukas 2:39-52 In enige goeie biografie is daar ’n hoofstuk, of meer oor die persoon se kinder- en jongmens lewe. Mens vind dit egter nie in die vier Evangelies (Jesus se biografieë) nie. Bogenoemde teks is die enigste paragraaf in die Bybel oor Jesus se kinderdae. Buiten vir hierdie paar verse weet ons niks van…
Lees VerderWie is Jesus vir jou?
Lukas 2:22-38 My tema klink postmodern—so asof jý kan besluit wie Jesus is. Die vraag is tog nie wie Hy vir jóú is nie, maar wie Hy werklik is. En tog help dit nie jy glo die waarheid oor Jesus as jy dit soos die duiwel glo en verlore gaan nie (Jak. 2:19). In daardie…
Lees VerderVan Betlehem tot Golgota
Lukas 2:21 Vir baie mense is Kersfees maar net nog ’n storie van ’n baba in ’n krip en begin ons redding eers aan die kruis van Golgota. Dit is egter ’n verkeerde idee, omdat Jesus ons nie alleen deur sy dood red nie, maar deur sy lewe. Volgens Luk. 2 het ons redding begin…
Lees Verder