Coram Deo Cover Image

Coming soon...

18 November 2025

Van vrees tot vertroue: Versekering

Habakuk 3

Habakuk was self ook maar net ʼn mens wat gesidder het oor alles wat om hom gebeur en veral ook oor wat hy weet gaan gebeur. Tog wag hy geduldig vir die dag van oordeel om aan te breek. Hy leer ons wat dit is om sonder voorwaardes aan God te behoort. Habakuk is nie bly oor wat God aan hom gee nie, maar oor God self. Hy is nie bly oor sy omstandighede nie, maar oor sy oortuiging. Te veel mense kry dit verkeerd om. Hulle wil eers sien wat God vir hulle gaan doen en wil dan self besluit wat hulle gaan doen. Ons wil sê, God moet dan doen. Habakuk wys ons dat al is omstandighede hoe haglik moet ons fokus op God bly. Dit beteken nie dat ons ons maar net moet berus by omstandighede nie, soos Habakuk moet ons uitbundig wees omdat God regeer. Al vrees jy oor wat hier om ons gebeur, weet dat die antwoord nie in jou eie krag lê nie. Ons hoop moet op God se genade gevestig wees. 'n Boodskap deur Louis Lourens

Kategorieë