Coram Deo Cover Image

Coming soon...

11 November 2025

Van vrees tot vertroue: Verantwoording

Habakuk 2

Diegene wat vandag swaarkry en bedryg voel deur die morele en geestelike verval om ons, en magteloos voel om dit te verander, bevind hulself in die selfde situasie as wat Habakuk was.Habakuk het gevoel dat die fondasies van die samelewing begin verbrokkel en dat dit gelyk het of God hom nie hieraan steur nie. Habakuk het egter die regte ding gedoen deur afstand tussen hom en sy probleme te skep en sy bekommernisse aan God te verklaar. Hy sien dan ook weereens dat God in beheer is. God gaan die Galdeers as gereedskap gebruik om Israel te straf, maar hulle is magteloos om iets buite se wil te doen. In vergelyking met God se heerskappy is die magstigste nasies maar power. Habakuk vind in sy betwyfeling verantwoording. God regeer ongeag die deurmekaar samelewing. Die Here is in sy heilige tempel, die hele aarde moet stil word voor hom! 'n Boodskap deur Louis Lourens

Kategorieë