
Openbaring 5
Deesdae maak mense baie van beroemde predikers op YouTube. Dit is byna of hulle hul gunsteling predikers aanbid. Maar volgens Openbaring 5 is niemand waardig in God se oë nie; niemand is waardig om die koninkryk, eer en heerlikheid te ontvang nie. Dit druis lynreg in teen wat baie mense vir hulle kinders leer, naamlik dat jy goed van jouself moet dink en praat. Ons hele samelewing plaas die mens op 'n troon, maar die Bybel sê Christus alleen is waardig. Hy het nie vir ons kom sterf omdat ons waardig is nie, maar juis omdat ons onwaardig is: "God bewys egter sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." (Rom. 5:8). 'n Boodskap deur Ernst Toerien.

