Wie is die Baba van Betlehem?

15 Dec 2018 Geplaas in: Christus, Geboorte, Kersfees, Miga 5:1-4a, PREKE VOLGENS SKRIFGEDEELTE

Miga 5:1-4a Die Moslems glo dat Jesus uit die maagd Maria gebore is, maar sê dat Hy nie die Seun van God is nie. Maar wat leer die Bybel? Miga 5:1-4a is een uit vele tekste wat die vraag beantwoord.   Hy is die Koning (v.1) Tydens die slag van Bloedrivier op 16 Des. 1838, het 470…

Lees Verder

Ek glo in Kersfees

14 Dec 2018 Geplaas in: 1Timoteus 3:16, Christus, Engele, Geloofsbelydenis, Kersfees, Leerstelling

1Timoteus 3:16 Ek bedoel nie dat ek in Kersvader en sy takbokke of elwe glo nie. Ek bedoel eerder dat ek in die God glo wat mens geword het. Jesus se menswording en die res van die Bybel se lering oor Hom is sentraal tot die Christelike geloof. Dit bepaal hoe jy lewe. 1Tim. 3:16 sal vir…

Lees Verder

Wie is hierdie baba in die krip?

22 Dec 2017 Geplaas in: Christus, Kersfees

Twee maande gelede het ‘n Jehova’s Getuie vir my gesê:  ‘Nêrens in die Bybel het Jesus gesê dat Hy God is nie.’  Omtrent 5 jaar gelede het ‘n Jehova’s Getuie vir my gesê dat Jesus die Seun van God is, maar nie God nie.   Volgens my Moslem haarkapper is Jesus uit ‘n maagd gebore,…

Lees Verder

Moet Christene Kersfees vier?

15 Dec 2017 Geplaas in: Kersfees, Kontemporêre kwessies

Toe ek op hoërskool was, was daar ‘n gesin in ons gemeente wat nie Kersfees gevier het nie.  ‘n Paar jaar gelede het iemand vir my gesê dat Kersfees van ‘n heidense feesdag af kom.  Omtrent ‘n maand terug het nóg iemand dit vir my gesê.  In die afgelope week het ‘n kollega my oor…

Lees Verder

Die dieper betekenis van Kersfees

21 Dec 2016 Geplaas in: Christus, God, Kersfees

In 1984 het ‘n 59-jarige vrou by ons begin werk. Sy het daar gewerk totdat my ouers in 2008 Johannesburg toe getrek het.  Sy lewe nogsteeds en kan nie lees of skryf nie.  As sy boeke gesien het, het dit vir haar soos ‘n klomp strepies gelyk.  Maar vir iemand wat kán lees het hierdie…

Lees Verder

Die vernedering van Kersfees

24 Nov 2016 Geplaas in: Christus, Kersfees

Geen Kerskaartjie met ‘n prentjie van die krippie, die oulike baba, Josef en Maria, die vriendelike donkies en skape, die wyse manne, die herders en die ster, sal vir jou die idee gee dat Jesus se geboorte eintlik ‘n vernedering was nie. ‘n Mens besef dit eers as jy verstaan dat die baba wat daardie…

Lees Verder

God met ons

23 Dec 2015 Geplaas in: Beloftes, Christus, Kersfees

In Griekse mitologie het die gode soms die vorm aangeneem van reptiele, voëls, die skuim van die see, ens. Een aand was daar ‘n slang in die bed van Olympias, Filippus van Macedonië se vrou.  Kort daarna is Aleksander die Grote gebore.  Die Grieke het geglo dat die oppergod-Zeus in die vorm van ‘n slang…

Lees Verder

God in die krip

20 Dec 2015 Geplaas in: God, Kersfees

Deïste glo God is soos ‘n groot Horlosiemaker wat die wêreld geskep het, en Homself onttrek het sodat die ‘horlosie’ self pap loop. Volgens hulle is Hy nie aktief in die skepping nie, maar het Hy alles oorgegee aan toeval, evolusie, en die natuurwette.  God is verhewe (transendent), maar nie betrokke nie.   Panteïste (bv….

Lees Verder

Wie is hierdie Jesus?

20 Nov 2015 Geplaas in: Christus, Kersfees

Matteus 1:21 As jy in die straat loop en vir ‘n honderd mense vra wie Jesus is, sal jy seker ‘n halfdosyn of meer antwoorde kry. Die Moslems glo Hy is die grootste profeet naas Mohammed. Hulle glo dat Hy sondeloos en uit ‘n maagd gebore is, wonderwerke gedoen het, maar nie aan die kruis…

Lees Verder

’n Tyd om te gee

24 Dec 2014 Geplaas in: Hemel, Kersfees, Tiendes en offergawes, Verlossing

Waar het die idee van Kersvader ontstaan?  In die vierde eeu was daar ‘n biskop van Mira genaamd Nicholas.  Toe hy jonk was het hy groot rykdom geërf toe sy ouers dood is.  Hy het met vrygewigheid aan die armes uitgedeel.  Op 6 Desember 326 n.C. is hy dood.[1]  ‘n Ander teorie sê dat daar…

Lees Verder