Lukas 1:26-38, 46-50
Maria se reaksie tydens die aankondiging van Jesus se geboorte is ʼn voorbeeld vir elkeen hoe om te reageer wanneer God ons ʼn taak oplê. Soos sy moet ons ook antwoord “Ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord” en jubel oor die voorreg om God se wil uit te leef. Veral in die Kerstyd moet ons streef om God se wil soos dit bekend gemaak is in die Woord van God, en veral dan ook die opdragte van Jesus Christus self, uit te leef in hoe ons barmhartigheid aan ander betoon en die evangelie deel met mense. ‘n Boodskap deur Pieter du Plessis.