Jesaja 11:2
Iemand het gesê: “Kennis is om te weet ’n tamatie is ’n vrug en nie groente nie; wysheid is om te weet mens sit dit in ’n groenteslaai eerder as in ’n vrugteslaai.” Eintlik is daar meer as dit aan die gawe van kennis en wysheid. Ons praat van ’n bonatuurlike gawe waardeur iemand geheimenisse ken wat niemand hom vertel het nie, en waardeur hy verstommende oplossings vir die onmoontlikste situasies gee. So lyk die wysheid en kennis wat van die Gees af kom. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.