Coram Deo Cover Image

Coming soon...

27 January 2026

God se hand in jou lyding

Rut 1:18-22

In sy lied, Blessed be Your Name, sing Matt Redman:

You give and take away.

You give and take away.

My heart will choose to say,

"Lord, blessed be Your Name."

’n Sekere jong man het hierteen kapsie gemaak: “God gee goeie gawes aan sy kinders, maar Hy vat niks weg nie.” Ek wonder of die jong man weet dat hierdie woorde in die Bybel staan? Nadat Job sy tien kinders en al sy besittings op een dag verloor het, sê hy: “Die Here het gegee en die Here het geneem. Mag die Naam van die Here geprys word!” (Job 1:21). Was Job verkeerd? Prosperity predikers dink so, maar die outeur van Job dink anders: “Ondanks dit alles het Job nie gesondig nie en aan God niks ongerymds toegeskryf nie.” (Job 1:22). God het ’n hand in jou lyding. Niks kan met jou gebeur sonder sy toestemming nie. As jy sy kind is, sal Hy elke lyding tot jou beswil en tot sy eer uitwerk (Rom. 8:28). CityAlight sing:

There is hope in every trial,

For I can trust the Lord.

He will turn my heart towards Him,

And help me bear the thorn.

So, in faith, I follow Jesus

On the road not understood,

For I know that He is working

For His glory and my good.

’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë