Jakobus 1:1-5
Aan die begin van elke jaar wens ons mekaar voorspoed toe. Ons wens vir 'n jaar sonder probleme en dat alles glad sal verloop. Maar dit werk nie so nie, want “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan.” (Hand. 14:22). Dit is nie lekker nie, maar "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is" (Rom. 8:28). Beproewings kan van waarde wees soos 'n smeltoond waarde het om goud te suiwer. Deur beproewings suiwer God ons karakter en maak ons meer soos Christus. 'n Boodskap deur Gideon Strauss.


