God se hulp in jou krisis

20 Jan 2018 Geplaas in: Beproewings en siekte, Christelike lewe, Geloof, Hel, Verlossing

In die mid-1700’s het Jonathan Edwards sy gemeente se verkeerde praktyke oor die nagmaal aangespreek.  Hy is van die gemeente afgesny.  ‘n Vriend van my het onlangs iets soortgelyk ervaar.  Dalk het so iets al met jou gebeur: jy doen wat jy dink reg is, en dan neem dinge ‘n wending vir die ergste?  Skielik…

Lees Verder

God se byl

24 Jun 2017 Geplaas in: Beproewings en siekte, Dissipline, Israel, Soewereiniteit

Jy ken seker die storie van Thor se hamer?  In Noorse mitologie was Thor die god wat met donderweer geassosieer is.  Die naam Donderdag of Thursday is van hierdie naam afgelei (Thor’s Day).  Sy hamer se naam is Mjölnir, en is veronderstel om een van die magtigste wapens op aarde te wees.  Die ou Noorweërs…

Lees Verder

Jesus by die Rooisee

11 Apr 2015 Geplaas in: Beproewings en siekte, Lofprysing

Wat is die sentrale gebeurtenis in die Ou Testament?  Watse Ou Testamentiese gebeurtenis word meer dikwels na terugverwys as enige ander gebeurtenis?  Wat word beskou as God se grootste wonderwerk in die Ou Testament?  Ek gaan ‘n skoot in die donker skiet en raai dat dit die verdeling van die Rooisee, en God se verlossing…

Lees Verder

Die tien plae: Pes, swere en hael

22 Feb 2015 Geplaas in: Beproewings en siekte, Satan, Soewereiniteit, Tien Plae

In Desember 1998 het ek en ‘n vriend vir twee weke in Vryheid gaan preek.  Op weeksdae het ons ‘n vakansie Bybelklub gehou vir kinders.  My vriend het vir die eienaar van die plaaslike SPAR gevra of ons dit daar kon hou.  Die man het gesê:  ‘Ek is ‘n Moslem en het ‘n groot elektrisiteitrekening. …

Lees Verder

Perspektief in beproewing

18 Jan 2015 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte, Soewereiniteit

Ek was beïndruk toe ek ‘n prent sien van hoe klein die aarde teen die son is.  Die son is massief… totdat jy dit langs die grootste sterre sien.  Skielik is die son nie eers ‘n spikkel nie.  So is dit met beproewing.  Jou probleme is groot en verwarrend… totdat jy dit langs God sien. …

Lees Verder

Bakens van bemoediging

1 Jan 2015 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte, Christelike lewe

[youtube=http://youtu.be/7BSHhDbpvg4] Vir ‘n skip wat in die nag in ‘n storm beland, is die sig van ‘n lighuis ‘n baie groot bemoediging.  Om ons te help om die storms van beproewing te oorleef, het God bakens van bemoediging op ons weg gesit.  In Handelinge 28:1-16 kry ons ten minste sewe.   Gasvryheid (v.1-2) William Cowper…

Lees Verder

Jou anker in die storm

14 Dec 2014 Geplaas in: Beproewings en siekte, Soewereiniteit

My vriend en sy vrou is laas Dinsdag in hulle huis aangeval.  Die rowers het hulle huis verwoes en hulle geslaan, met verkragting en die dood gedreig, en op my vriend geskiet.  Toe hy my bel kon ek die emosie in sy stem hoor.  Maar ten spyte van alles is God hulle anker in die…

Lees Verder

’n Rotsvaste belofte

17 Nov 2014 Geplaas in: Beloftes, Beproewings en siekte

[youtube=http://youtu.be/hyat6DD_wSU] ’n Paar weke gelede was ek by die see.  Twee of drie keer het ek op die rotse gaan staan, terwyl die branders 3 meter onder my gewoel het.  Ek was veilig.  God se belofte aan Abraham was rotsvas:  “En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so…

Lees Verder

Wat doen God in my lyding?

14 Sep 2014 Geplaas in: Beproewings en siekte

‘n Man op sy sterfbed het vir my gevra: ‘Hoekom ly ek so?’  Vir duisende jare al probeer mense om dié vraagstuk te beantwoord.  Genesis 42-45 gee vir ons lig op die onderwerp.   Die eerste besoek (42:1-43:14) Die hongersnood was erg in Kanaän. Jakob het tien van sy seuns Egipte toe gestuur om koring…

Lees Verder

Hoe om suksesvol te wees

29 Aug 2014 Geplaas in: Beproewings en siekte, Versoeking, Werk

In die wêreld word sukses dikwels in $ gemeet.  Volgens Prosperity predikers is gesondheid + geld = sukses.  Maar hoe suksesvol is dit om ryk te word ten koste van jou huwelik, gesin, en vriendskappe?  Die grense van die Christen se sukses eindig nie by geld nie.  Soos Josef in Genesis 39, is hy suksesvol…

Lees Verder