Coram Deo Cover Image

Coming soon...

20 January 2026

God in die chaos

Rut 1:1-17

Adoniram Judson was die eerste Amerikaanse sendeling wat na die buiteland toe gestuur is. Hy is in 1813 Burma toe (hedendaagse Mianmar). Die Burmese regering het enige westerling as ’n spioen beskou, daarom het hulle hom in 1824 gevange geneem. Bedags moes hy in die ryslande werk en snags het hulle sy voete aan ’n bamboespaal vasgemaak, sodat net sy kop en skouers die grond geraak het. Sy bebloede voete het muskiete gelok, sodat hy wou mal word. Sy swanger vrou het elke dag 3 kilometer afgelê om die owerhede te probeer oortuig dat haar man nie ’n spioen is nie. Sy het al hoe maerder geword en mettertyd siek geraak. Kort nadat haar baba gebore is, het haar melk opgedroog, sodat die plaaslike vroue die kind moes voed.

Na 17 maande is Adoniram skielik vrygelaat, maar sy vreugde was van korte duur. Sy vrou is 11 maande later oorlede en sy kind 6 maande daarna. Boonop moes hy hoor dat sy pa reeds 8 maande tevore in Amerika oorlede is. Die pyn was net te erg en het hom in die oerwoud in gedryf. Daar het hy die volgende geskryf: “God is to me the Great Unknown. I believe in Him, but I find Him not.”

Het jy al ooit so gevoel? Al lyk dit nie nou so nie, die storie van Rut en Noami leer vir ons God is in die chaos. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë