1 Korintiërs 13:8-13
Die hemelse taal is nie Afrikaans, Engels, 'n ander taal, of die gawe van tale nie. Die hemelse taal is liefde. Jonathan Edwards sê: “...heaven [is] a world of love; for God is the fountain of love, as the sun is the fountain of light. And therefore the glorious presence of God in heaven, fills heaven with love, as the sun...fills the world with light.” Dit kan nie anders nie, want God is liefde. Sodra jy Hom sien, sal jy weet dat liefde groter as enige gawe is. Jy sal die waarheid van Paulus se woorde in 1 Kor. 13:13 verstaan: "...die grootste hiervan is die liefde." 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.