Coram Deo Cover Image

Coming soon...

1 June 2026

Lewe met integriteit

2 Korinthiërs 1:12-14

Om met integriteit te lewe, beteken jy is moreel opreg. Dit kom van die Latynse woord integritas wat heelheid beteken. Jy is met ander woorde ’n geïntegreerde mens;  jy lyk van binne en buite dieselfde. Wat jy by die kerk is, is jy by die huis; wat jy voor ander mense is, is jy in die klein dinge waar niemand jou sien nie. Daarom definieer die HAT integriteit as regskapenheid, volledige eerlikheid, onomkoopbaarheid.

In die wêreld lewe mense nie so nie, maar lei ’n dubbele lewe. Ongelukkig gebeur dit selfs in die kerk. Mense groet jou vriendelik, maar skinder agter jou rug. Hulle woorde is so glad soos botter, maar daar is oorlog in hulle harte (Ps. 55:22, 13-15). Uiterlik lyk hulle so mooi soos ’n nuwe grafsteen, maar van binne is hulle vol doodsbeendere (Matt. 23:25-28). Hulle soen jou hartlik, maar dit is die soen van verraad (Matt. 26:49).

Paulus was anders; sy lewe was ’n toonbeeld van integriteit en opregtheid. Hoe lewe ’n mens so? ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë