Genesis 2:1-3
Die Engelse woord holiday beteken letterlik "holy day". God het die eerste heilige rusdag in Genesis 2 ingestel. Daarna het Hy vir sy volk vakansie dae, langnaweke, weke en jare van rus ingestel. Dit is sy wil dat ons moet rus. Die mens wat rus, is meer effektief as iemand wat 24/7 werk. Pred. 10:10 sê: "As die byl stomp word, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy meer kragte inspan. 'n Voordeel is om wysheid in te span." Dit verwys na rus vir jou liggaam. Hoeveel te meer geld dit nie vir jou siel nie? 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.