
Efesiërs 3:14-21
Die mees volwasse Christen is nie die een wat passievol bely dat hy God liefhet nie. Dit is ook nie hy wat net vir tydelike sake soos sy kinders se veiligheid of sy finansies bid nie. Maar dit is hy wat ernstig en opreg bid om God se liefde te ken. Deur die Gees openbaar die Vader die onmeetbare dimensies van Christus se liefde aan hom. So iemand ken God se liefde nie net intellektueel nie (wie kan dit ken?), maar hy het ’n egte ervaring daarvan. Hy aanskou nie net die vrugteboom van God se liefde op ’n afstand of ondersoek dit van naby nie, maar hy smul aan die soet en sappige vrugte van die God se liefde. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

