Coram Deo Cover Image

Coming soon...

7 January 2025

Die gawes van die Gees: Sonder liefde is ek niks

1 Korintiërs 13:1-3

Was jy al in ’n kerk waar almal gelyk in tale praat en daar nie ’n uitleg is nie? Wie so optree, het nie liefde nie. Gee hulle nie om dat dit net ’n groot geraas is nie? Gee hulle nie om dat niemand hulle verstaan nie, en dat dit niemand opbou nie? Paulus sê: “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het nie liefde nie, dan het ek ’n weergalmende ghong of ’n kletterende simbaal geword.”

Ons kan maklik ’n vinger na hulle wys, maar wat as ek die Woord week na week suiwer van die kansel af verkondig en nie tyd het om regtig by mense te sit en na hulle probleme te luister nie? Jesus was nie so nie, maar het by mense getalm. O, Here, leer ons om lief te hê soos U liefhet! ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë