1 Korintiërs 13:4-7
Wat is die grootste gawe? Die Korintiërs en baie moderne Christene sal sê “tale,” maar sonder liefde beteken ons gawes niks. Die grootste gawe is liefde en nie een of ander super-gawe nie. Hoe vaar ons hierin? Kan jy die woord “liefde” met jou eie naam vervang: “Johan is geduldig en vriendelik; Johan is nie jaloers nie en praat nie groot nie; Johan is nie opgeblase nie; ens.”? Die enigste naam wat werklik pas, is Jesus s’n. Hy is immers die afskildering van liefde. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.