Coram Deo Cover Image

Coming soon...

29 April 2025

'n Waarskuwing teen luiheid

2 Tessalonisense 3:6-15

In 2011 het Harold Camping voorspel dat die wederkoms op 21 Mei sou plaasvind. 'n Vrou genaamd Abby Haddad-Carson het haar werk as 'n verpleegster bedank en opgehou om haar kinders se kollege fooie te betaal. Sy en haar gesin het pamflette uitgedeel om mense te waarsku dat Jesus op 21 Mei sou terugkeer. Net so het Joel en Adrienne Martinez hulle werk bedank en hulle spaargeld spandeer om pamflette te druk. Paulus het dieselfde probleem onder die Tessalonisense ervaar. In afwagting op die wederkoms het hulle lui geraak. Wanneer Jesus egter terugkeer moet ons nie leeglê nie, maar hard werk. “Gelukkig is daardie slaaf wie se eienaar hom so aan die werk sal vind wanneer hy kom.” (Lukas 12:43). ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

 

 

Kategorieë