
Psalm 23:4
'n Herder gebruik sy kort knuppel om roofdiere weg te hou en die skape te beskerm. Hy gebruik sy lang krom staf om verdwaalde skape te hak en terug te bring, of om hardkoppige skape te tugtig. Die goeie Herder doen dieselfde tot ons beswil en nie om ons te benadeel nie. Die grootste troos is dat die Herder altyd by ons is, selfs in die vallei van doodskaduwee en as ons eendag in die hemel is: "Want die Lam wat in die middel voor die troon staan, sal hulle soos 'n herder versorg en hulle na fonteine met lewende water lei, en God sal elke traan uit hulle oë vee." (Op. 7:17). 'n Boodskap deur Pieter du Plessis.

