
2 Korinthiërs 3:16-18
Het jy al ooit iemand soos Jesus ontmoet? Ek bedoel nie die persoon was volmaak nie, maar hy of sy het iets van Jesus se karakter gewys en jy wou so wees. Volgens 1 Joh. 2:6 is dit 'n kenmerk van elke Christen se lewe: "Wie sê dat hy in Hom bly, behoort self ook te leef soos Hy geleef het." Die groot vraag is, hoe word jy so? J.B. was oortuig hy kan soos Jesus lewe deur eenvoudig sy voorbeeld na te volg. Hy het hopeloos misluk, want om soos Jesus te wees verg 'n bonatuurlike werk van die Heilige Gees. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

