Coram Deo Cover Image

Coming soon...

12 October 2026

Prediking wat lewens verander

2 Korinthiërs 4:2-6

Gister vra ’n vriend my hoe my Sondagoggend verloop het. Ek het die volgende vir hom geskryf: “Kort voor ek moes preek, toe voel ek uiters gedaan. Ek het die Here vir krag gevra, en Hy het my smeekgebed verhoor! Ek kon die Woord met ’n mate van krag verkondig. Ek bid vir ’n blywende werk in mense se harte. My eie hart voel opgewonde en uitgedaag oor prediking in die algemeen. In ons kringe hoor ek heelwat teologiese prediking sonder geestelike krag. Ek wil nie so wees nie, maar is opsoek na die balans tussen die Woord en die Gees. Waar is die prediking (myne ingesluit) wat mense met ’n sin van God laat? Waar is die eredienste (ons eie ingesluit) wat mense verstom laat, sodat hulle sê: 'Waarlik, God is in julle midde?' Ek begeer Hom, Johan. Here Jesus, openbaar Uself aan ons! 'Wie my gebooie het en dit onderhou, hy is die een wat My liefhet. En wie My liefhet, my Vader sal hom liefhê, en Ek sal hom liefhê en Myself aan hom bekend maak.' (Joh. 14:21)." ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë