Coram Deo Cover Image

Coming soon...

14 December 2024

Gebroke oor die sonde en die gevolge daarvan

Die samelewing in die tyd van Miga was misdadig en korrup, mense vervolg mekaar en lewe net vir hulleself. Self die beste mense was soos ʼn doringstruik. Families was verdeeld en kon mekaar nie meer vertrou nie - selfs hulle het mekaar belieg en beroof. Miga kon natuurlik net so wel die omgewing waarin ons vandag leef beskry het. Miga word egter nie moedeloos nie want hy weet wat die oplossing vir die probleem is. Hy sien uit na wat die Here gaan doen. Hy wag op God, in die volle wete dat God getrou is en sy beloftes gestand sal doen. Miga weet dat God sy hulproep sal hoor. Hy weet dat God goedertierend is, dat hy oortredings vergewe en dat hy die oorblyfsel sal red. God sal intree en dit doen wat mense nie kon doen nie – hy sal verlossing bewerkstellig. Die uiteindelike verlossing wat Miga voorsien het, het natuurlik gekom deur Jesus se kruisdood. Net soos Miga kan ons vandag uitsien na die wederkoms en wag op God wat sy beloftes sal hou. 'n Boodskap deur JC Smith.

Kategorieë