Johannes 14:7-11
Wie Jesus gesien het, het die Vader gesien. Na drie jaar by Jesus het Filippus dit nog nie geweet nie. Laat ons hom nie te gou kritiseer nie. Hoe lank is jy al 'n Christen en glo jy nog steeds die Vader is groter as Jesus, of dat die Vader kwaai is en Jesus vol liefde? Weet jy nie dat Jesus en die Vader een is nie? Het jy vergeet dat Jesus die presiese afdruksel van God se wese is? Wat jy dus van Jesus se karakter in die vier Evangelies lees, is ook waar van die Vader: Hy is hartseer oor verlore mense, voel jammer vir siek mense en weduwees, is lief vir kinders, haat vals godsdiens. Glo in hierdie Vader en sy Seun, en vertrou jou lewe aan Hom toe. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.