Coram Deo Cover Image

Coming soon...

25 August 2026

Wie is Hy tog?

Markus 4:35-41

Die stilte voor die storm.

Die stilte in die storm.

Die stilte na die storm.

Die storm na die stilte.

So kan mens hierdie gedeelte opsom. Waar Jesus in die boot slaap, sien die dissipels Hom as volkome mens. Toe Hy egter die storm stilmaak, besef hulle Hy is God in die vlees. Terwyl die storm woed was hulle bang, maar na Hy die storm bedaar het was hulle doodbang. Hulle het besef dat Hy nie maar net 'n mens is nie, maar die God van Ps. 89:10: "U heers oor die deining van die see. Wanneer die golwe styg, bring U hulle tot bedaring." Omdat Jesus die Here is, moet ons Hom met eerbied nader. Maar sy heerskappy oor die skepping stel ons ook gerus om te weet: "Ja, hierdie God is ons God vir altyd en ewig; Hý sal ons lei vir ewig." (Ps. 48:15). 'n Boodskap deur Louis Lourens.

Kategorieë