
2 Korinthiërs 2:17
Hierdie boodskap nie net vir predikante en leke-predikers nie, maar vir jou. Satan doen homself voor as ’n engel van die lig, as ’n wolf in skaapsklere. Hoe sal jy hom uitken as jy die dag verhuis en ’n nuwe gemeente soek, of as jou huidige gemeente ’n nuwe predikant beroep? Of hoe sal jy weet watter predikers op YouTube die waarheid praat en watter nie? Gelowiges wat nalaat om bekwame predikers uit te ken, benadeel nie net hulleself nie, maar die volgende geslag. Laat ons dus vir bekwame predikers bid en die Here daardeur vertrou om sy kerk en die samelewing te transformeer. In John Wesley se woorde: “Give me one hundred preachers who fear nothing but sin and desire nothing but God, and I care not a straw whether they be clergymen [pastors] or laymen, such alone will shake the gates of hell and set up the kingdom of heaven upon earth.” ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

