Coram Deo Cover Image

Coming soon...

26 May 2026

Wees vurig van gees

2 Timoteus 1:6-7

Taan jou ywer vir die Here Jesus Christus? Het jy jou eerste liefde verloor? Timoteus het, omdat hy bang was hy word vir die evangelie vervolg. Daarom skryf Paulus 2 Timoteus om hom aan te moedig: “Moenie ophou preek nie, Timoteus. Ek weet jy het die gawe van prediking, want ek self het jou die hande opgelê. Moet jou nie vir Jesus skaam nie, maar vuur die genadegawe van God in jou aan. Herwin jou ywer vir Jesus en sy evangelie!” Moet jy miskien dieselfde hoor? Mag die Here jou deur hierdie verse help om die dowwe kooltjie in jou hart aan te blaas. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

Kategorieë