
2 Korinthiërs 2:5-11
Gestel jy het gangreen in jou voet, en dat dit na jou been toe versprei. Tensy die dokter jou been afsit, sal jy doodgaan. Net so moet ons soms 'n gelowige wat in sy sonde volhard van die gemeente afsny, anders maak hy almal siek (1 Kor. 5:1-2, 6-7, 13). Nogtans is ons doel nie om mense te verwerp nie, maar om hulle te vergewe. Waar 'n gelowige hom dus van sy sonde bekeer, moet die gemeente hom in ere herstel. Baie gemeentes verstaan dissipline en pas dit getrou toe, maar hulle weet nie hoe om die bekeerde sondaar te herstel nie. In vandag se teks leer Paulus vir ons hoe. 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

