
1 Petrus 1:1-5
In vandag se tyd is uitverkiesing 'n lelike woord. Vir gelowiges in die Bybel was dit 'n trooswoord. Dit is asof die Vader gesê het: "Ek weet jy kry swaar, maar Ek het jou nie vergeet nie. Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde. Niks sal jou van my liefde skei nie, maar Ek sal jou tot die einde toe bewaar. In my hande is jy veilig." 'n Boodskap deur Ivor Jefferies.

