
Haggai 2:1-9
Het jy al ooit soos Israel in Haggai 2 gevoel jy is klein, die vyand is sterk en jou werk vir die Here is jammerlik? Het jy al ooit gewonder of jy enigsins ’n verskil maak by die werk, tussen jou familie en vriende, in jou woonbuurt en in die samelewing? God spesialiseer daarin om swak instrumente te gebruik. Israel was die kleinste, Moses het gehakkel, Petrus was 'n visserman, Matteus was 'n tollenaars, Timoteus was bang, Dawid was die jongste boetie en Jesus het die wêreld aan ’n kruis verlos. God gebruik swakheid! Moenie die invloed van een kersie in die donker onderskat nie. ’n Boodskap deur Ivor Jefferies.

