
1 Samuel 7:2-13
Jou kar het 'n groot voorruit en 'n klein tru-spieëltjie. So moet jou lewe ook wees: kyk terug na hoe die Here jou gehelp het, maar moenie dat die sonde en probleme van die verlede jou vashou nie. Gee dit vir die Here en beur vorentoe: "Ek vergeet die dinge wat agter is, en strek my uit na wat voorlê. Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus Jesus die prys van God se roeping van omhoog te bekom." (Fil. 3:13-14). 'n Oujaarsboodskap deur Len Pretorius.

