Esegiël 47:1-12
In hierdie visioen sien Esegiël water wat uit die heiligdom vloei. Dit begin as 'n stroompie wat al hoe dieper word. Uiteindelik word dit 'n rivier waarin 'n mens kan swem. Oral waar die rivier vloei, bring dit lewe. Dit verander selfs die Dooie See in 'n visse-paradys. Hoe moet ons Esegiël se visioen verstaan? Jesus beskou dit as simbolies van die lewe wat Hy deur sy Gees kom bring het. Die lewende water ontspring uit Hom en gee lewe aan almal wat daaruit drink. In die Nuwe Jerusalem vloei hierdie lewende stroom uit die troon van die Vader en die Seun. Het jy 'n dors wat niks in hierdie wêreld kan les nie? Kom drink na hartelus, liewe pelgrim, en word versadig. 'n Boodskap deur Roelf Power.