Coram Deo Cover Image

Coming soon...

19 May 2026

Soek God se groter plan!

Markus 8:31-38

God se groter plan was dat Jesus vir ons sondes aan die kruis moes sterf, maar die dissipels het dit nie verstaan nie. Hulle het 'n aardse koninkryk verwag en daarom onder mekaar gestry oor wie die belangrikste is. Kan jy jou indink wat sou gebeur het as Jesus hulle agenda moes volg; as Hy die Romeine verslaan het, 'n aardse koninkryk opgestel het en van sy dissipels vername amptenare gemaak het? Wie sou dan vir hulle en ons sondes gesterf het? As Jesus bloot 'n revolusie begin het eerder as om te sterf, was ons vir ewig verlore in ons sondes. Laat ons nie soos die dissipels ons eie planne volg nie, maar ons aan God se groter plan onderwerp. "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." (Matt. 6:33). 'n Boodskap deur Gideon Strauss.1


1  Aanvullende tekste wat vir hierdie boodskap gebruik is, is die volgende: Matt. 6:31-34 (veral v.33), Mark. 9:30-37, 10:32-45, Hand. 1:6-11, Gal. 2:20, Rom. 5:1-10.

Kategorieë